Bekende SA egpaar verwelkom pienkvoet

Vicky Davis het Woensdag geboorte geskenk (Foto: Facebook)

Die bekende glanspaartjie, Vicky Davis en Schalk Joubert, het Woensdag hul tweede pienkvoet in die lewe verwelkom by die Netcare Christaan Barnard-hospitaal in Kaapstad. Dié paartjie is in 2014 getroud en het nog ʼn dogter, Lira (3), saam.

Davis is ʼn Afrikaanse aktrise, aanbieder en skrywer, en Joubert is ʼn musikant.

Joubert het in Maart vanjaar op Facebook aangekondig dat hulle nog ʼn kleinding verwag.

Woensdag het hy ʼn foto van die nuwe pienkvoet in Davis se arms op sosiale media gedeel, met die onderskrif wat lui: “Luca Juan Joubert het ná 38 weke gekom. Hy is vandag om 14:14 gebore en weeg ʼn mollige 4,05 kg! Ma en seun is albei gesond en alles lyk normaal. Pa herstel nog van skok, maar gloei van trots en blydskap. Ons het baie om voor dankbaar te wees!”

Davis en Joubert het in September 2014 tydens ’n intieme seremonie in die Paarl getrou. Hulle ken mekaar al 15 jaar, maar het eers aan die begin van 2014 ʼn verhouding aangeknoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Heleen Grobler ·

@Lorieka Ek lees eerder sulke goeie nuus as die moord en doodslag en alle ander nuus wat elke dag in ons gesigte gegooi word.

blommetjie ·

Ek stem ook! Lees eerder goeie nuus, as al die moord en korrupsie

Christa ·

Is ek net so bietjie stadig….maar piekvoet…maar verwys na n hy asook seun??

Karlien ·

‘n Pienkvoet verwys na ‘n baba – dit kan ‘n seun of ‘n meisie wees.

pbotha ·

Ken werklik nie die glanspaartjie nie…so dit is nie nuus nie. However…baie geluk. Dra ook gelukwense oor aan al die ander duisende Suid Afrikaners in die land wat pienkvoete woensdag gekry het.

Elmer Swanepoel ·

Ek kyk net na Oppiestoep om Schalk te sien baskitaar speel. Vir my is hy ‘n ster, al kan hy miskien niks anders doen nie.

Michelle ·

Veels geluk julle. Geniet daai bondeltjie liefde.
pbotha – kom tog net by in die lewe. Klim onder daai klip uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.