Bekende SA sportheld gaan pa-status kry

Faf en Imari du Plessis (Foto: Instagram)

“[Ons is] gereed vir die CSA-toekennings. [Dit is] die laaste geleentheid as net die twee van ons.”

Só het die Proteas-kaptein Faf du Plessis Saterdag op sosiale media aangekondig hy en sy vrou, Imari, verwag hul eersteling.

Imari is reeds 32 weke swanger. Die egpaar is in 2013 getroud.

ʼn Storm het verlede jaar om die krieketheld se kop losgebars toe hy in November daaraan skuldig bevind is dat hy met die bal gepeuter het tydens ʼn kriekettoets teen Australië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.