Bekende sepiester oorlede

Joseph Mascolo. Foto: Twitter via @nbcdays

Joseph Mascolo. Foto: Twitter via @nbcdays

Die bekende akteur, Joseph Mascolo, wat die karakter Stefano DiMera in Days of our Lives vertolk het, is in die ouderdom van 87 oorlede.

Days of our Lives het die nuus Vrydag op sy amptelike Twitter-rekening bevestig. Mascolo is jare gelede met Alzheimersiekte gediagnoseer.

Soap Opera Digest berig Ken Corday, die uitvoerende vervaardiger van die Amerikaanse sepie, het in ʼn verklaring hulde aan Mascolo gebring. “Dit is met groot hartseer dat ons die nuus bekendmaak van die dood van ons liewe vriend en geliefde lid van die Days of our Lives-familie, Joseph Mascolo,” het Corday gesê.

“Die glimlag op Joe se gesig is iets waarin ons vertroosting sal vind en hy sal baie gemis word. Sy groot teenwoordigheid, goeie hart en onwrikbare positiwiteit het dekades lank ʼn invloed op ons almal gehad en sal vir ewig in die herinneringe van sy talle aanhangers voortleef.”

Die eerste episode van Days of our Lives is in November 1965 gebeeldsaai. Mascolo het van 1982 tot 1985 in die sepie gespeel, voordat hy in 1988 vlugtig teruggekeer en weer van 1993 tot 2001 deel van die akteurs was. Sy karakter Stefano het vanaf 2007 tot 2016 talle verskynings in die sepie gemaak. Mascolo was ook in verskeie rolprente te sien.

Hy word oorleef deur sy vrou, Patricia Schultz-Mascolo, sy seun, Peter, en stiefdogter, Laura. Hy laat ook vyf kleinkinders en drie agterkleinkinders na.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SANNA ·

WHAT EVER HY LEWE NOG HET MOS AL GESIEN HOE STAAN HY UIT DIE DOOD OP LOL. MOENIE HY ONS BLUFF LOL

Gedagte ·

Sanna, ek is so bly jy het dit gese ek het dit gedink…. Ons almal het al gesien hoe kom hy terug :)

SANNA ·

LMGA Gedagte. Beware Steffano demirror is always here hehehehe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.