Bekende TV-aanbieder, aktrise haak af

Therese Benade en Chris Bam (Foto: Facebook via Chris Bam)

Die televisie-aanbieder en aktrise Therese Benade en Chris Bam het die afgelope naweek die knoop deurgehak.

Benade het ná hul sprokiestroue in die Wes-Kaap ʼn foto van haar en Bam op sosiale media gedeel met die woorde: “Dis als perfek.”

Die aktrise (40) en Bam (51), ʼn bekende Kaapse argitek, het in Desember verlede jaar by die Cape Grace-hotel by die V&A Waterfront in Kaapstad verloof geraak.

Die egpaar is sedert Februarie verlede jaar in ʼn verhouding, maar ken mekaar glo al langer as agt jaar.

“Christian het my heeltemal onkant betrap met die vraag, maar ek het natuurlik dadelik die jawoord gegee,” het Therese destyds aan Maroela Media vertel. “Ek weet elke vrou sê dit altyd wanneer haar droomman haar vra om te trou, maar ek is regtig die gelukkigste vrou in die wêreld.”

Therese is veral bekend as Kwêla-aanbieder op kykNET, die feeks Astrid in Villa Rosa en vir haar rol in die destyds gewilde Song vir Katryn.

Die tydskrif Sarie gaan in Januarie ʼn eksklusiewe artikel plaas oor die pasgetroude egpaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lollie ·

Sy is ń pragtige mens en ek wens hulle geluk en voorspoed toe! So lekker om nog ń mooi artikel te lees!

Marie ·

Baie geluk julle. Ek en my man het ons 17de huweliksherdenking gevier op die 21 ste. Oktober is maar die mooiste mooiste maand!!!!!

Uvonka ·

Stem saam met jou Marie oor die mooiste, mooiste maand. Ons vier ons eerste huweliksherdenking op die 29ste Oktober!

Rina Kotze ·

Veels geluk julle 2!

Mag ons Vader julle nog lank saam spaar! Geniet mekaar, maak tyd vir mekaar en vir Hom!

Mag julle saam horingoudword en sit en tee drink op die stoep!

Blessings!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.