Bekende vermaakpaar se paadjies skei

Die verklaring wat Bouwer Bosch en Leandie du Randt op sosiale media gedeel het. (Skermskoot: Instagram)

Een van die Suid-Afrikaanse vermaakwêreld se bekendste paartjies, Bouwer Bosch en Leandie du Randt, het Vrydag aangekondig hul paadjies gaan skei.

Leandie het ʼn kort verklaring op Instagram gedeel waarin sy sê dat hulle besluit het dat hulle beter vriende as huweliksmaats is.

“Na ʼn ongelooflike paar jaar saam het ek en Bouwer uit ons liefde vir mekaar besluit dat ons beter maats as huweliksmaats vir mekaar is. Die besluit is gegrond in ons liefde vir mekaar. Hierdie is vanselfsprekend ʼn sensitiewe tyd vir ons albei en ons gaan nie verder kommentaar hierop lewer nie of nou met die media gesels nie. Ons stuur net liefde en geluk aan almal!” lui die verklaring.

Bouwer het dieselfde verklaring op sy Instagram-profiel gedeel. Leandie het ook reeds haar van op haar profiel terug verander van Du Randt-Bosch na slegs Du Randt.

Die paartjie is in November 2015 in die Snowflake-gebou in Potchefstroom getroud nadat hulle net minder as ʼn jaar tevore verloof geraak het.

As twee bekendes in die vermaakbedryf het hulle gereeld saamgewerk en was onder meer saam in die flieks Vuil wasgoed en Thys & Trix te sien. Bouwer is egter meer bekend as sanger en hoofsanger van die Afrikaanse rockgroep, Straatligkinders, terwyl Leandie as die karakter Ivanka Gouws in Binnelanders in kykers se harte gekruip het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Abe ·

Hulle skei uit liefde vir mekaar! Dis mos twak. Nou ja, mag dit vir julle geluk bring.

Slotsom ·

Jammer dit het op dit uitgeloop.

Wees EERLIK met julleself en mekaar. Gaan in vrede. Groei daaruit. Vergewe mekaar. Vergewe jouself. Raak ontslae van die dooie hout in jou eie persoonlikheid – brand dit af tot net jou kern oorbly… dit wat jy vir seker oor jouself as persoon weet. Gee vir iets of iemand anders meer om as jouself. Hou dit vir jouself. Doen iets daaraan. Beweeg aan.

Vertrou in die proses.

Sela.

Perspektief ·

Jou eerste 5 sinne is so waar! Baie goeie raad! Wens ek het dit geweet ʼn jaar terug. Alhoewel, ek so baie gedoen het, meer vir my maat gegee as myself, het ek uitgebrand, dink dit is raadsaam om soms te besef dat jou individuele toekoms beter af is alleen, en ek stem saam – herontdek jou drome en passie vir die lewe!

Waarheid ·

Onthou maar net – die publiek beoordeel julle aan julle publieke persona’s, nie aan wie julle werklik is nie.

Dit was ‘n fout om die verkondiging te verwoord soos julle gedoen het, dit sou bloot genoeg gewees het om te sê julle skei.

Verder is dit niemand anders se verdomde besigheid nie.

Sterkte aan julle albei.

My mening ·

Ek is nie verbaas nie. Hulle het nooit bymekaar gepas nie.

TLC ·

Ek ook soos jy gedink
Maar goeie ding hul het mooi gedoen
Maats en nie kwaad vir mekaar nie

ANA ·

??? Oooo…aarde!
Ek weet nie eers WÍÉ hulle 2 is niee..
regtigwaar nie,name klink effens bekend?
Ennn…daarom is ek min gespin!
STERKTE ?vir beide ? egskeiding is nou nié ñ holiday nie…

Iemand ·

Miskien was hulle gedwing om iets te se omdat die media hulle boelie…..

HR ·

Nog altyd gedink mens trou as jy mekaar lief het. Nou verstaan ek mense skei omdat hulle mekaar lief het

BB ·

HR die meeste mense trou omdat hulle VERLIEF IS. Party skei omdat hulle vir mekaar LIEF HET en weet dit werk nie. Ander geskeides haat mekaar tot die einde. So wat is die slegste

Hartseer ·

Dit is regtig hartseer nuus!! Mag julle vrede en geluk vind en onthou julle is niks aan niemand verskuldig nie..

T ·

Ag nee, dis so bitter jammer. Is daar nie nog salf te smeer nie?

humor ·

Die huwelik het in baie gevalle maar net n menslike instelling geword. niks meer nie.

Zeerust ·

Ek se nog altyd as jy rerig wil weet hoe is iemand dan moet jy of 3 maande saam bly of 3 maande saam werk. Al die “geite” kom uit in daai 3 maande en vir die wat sulke lelike goed van Bouwer se – dis darem rerig onnodig. Wat beteken “”hulle pas nie mekaar” nou eintlik. Niemand behalwe daai twee weet hoekom hulle skei en gun hulle die tyd om te herstel. Egskeiding kan kom aanklop by enige van ons en ook by enige “perfekte” paartjie se deur op enige tyd.

Perspektief ·

In drie maande is jy steeds blind verlief in die nuwigheid van so ʼn situasie. My gewese huweliksmaat het handomkeer verander direk na ons troue, ek sou ten minste 18 maande aanbeveel!

Perspektief ·

Dit is bitter om daardeur te gaan, sterkte.
Soms is dit wel beter om te skei, eerder om as ʼn enkel persoon die juk op die skouer te dra in die huwelik, dit is bevrydend sodra die skei pyn en hartseer verby is.

Ek weet ·

Ek weet presies hoe hierdie twee voel en waardeur hulle gaan dit het met my en my eks ook gebeur en ja ons is vandag nog lief vir mekaar en goeie vriende en ons aanvaar mekaar se nuwe lewensmaats. As jy nie meer verlief is nie stop die verhouding en moenie mekaar se tyd mors nie die lewe is te kort.
Sterkte Bouwer en Leandie (hoop ons sien jou weer in Binnelanders!)

Lorraine ·

Dit is nie my plek om iets te se nie maar hul was skaars getroud toe hul al huweliksberading of raad aan getroude pare wou gee. Het dit nie verstaan nie want ek dink mens moet rerig maar paar sakke sout saam op eet. Sterkte

7 sakke sout ·

Dit verbaas my altyd dat bekendes so baie so gou weet! Al die tydskrifte doen dit. Daardie eks mej SA met die kort van doen dit ook gereeld, maar het geen kinders en reis die wereld plat. Heeltyd vakansie hou maak juis ‘n verhouding lekker. Tot realiteit agter toe deure tref…..

Jax ·

Verbaas my nie. Die huwelik is mos nou soos n lig wat jy aan- en afskakel.
Beide van die twee, soos baie ander “celebs” het n groot invloed oor die jeug – wanneer gaan hulle hul selfgekose “rolle “ ernstig opneem? Die lewe is nie n piekniek nie. Jy is in groot moeilikheid as jy nie n bietjie deursettingsvermoë het nie.
Die lewe is nie Alles in n kits kry en hê nie. Dis harde werk, geloof en n aanhouer-wen houding.
Wat hulle aanvoer as rede vir skei, is, wat my betref, die swakste verskoning wat ek nog ooit gehoor het. Geen ontsag vir iets so heilig soos n huwelik. Genadiglik is daar nie kinders nie. Kinders is nog n baie groot verbintenis wat ook heeltemal te lig opgeneem word! Te veel kinders wat in gebroke huishoudings groot moet word!

Asseblief dink tog volgende keer voor jy besluit met wie jy jou wil verbind in iets so heilig soos die huwelik!

Die lewe is nie n take away nie! Dis vrek harde werk sodat jy môre soveel beter sal wees as die dag van te vore! Niemand skuld jou iets nie – die harde werk is in jou eie doen en late!

ek sê maar ·

Amper 44 jr getroud en dit was baie op en af; my man het studeer toe ons afgehaak het enons het geen, maar geen hulp vanouers of wie ookal gekry nie so dit was rieme dunsny. Later na ons 2e kind het my man weer wou studeer en was dit weereens rieme baie dun sny. Maar ons het vasgebyt deur swaar en sukkel tye, selfs na ons ‘n kind aan die dood afgestaan het en selfs die ds gesê het baie egpare gaan uitmekaar na so iets want hul kan nie daardeur werk of raak half geisoleerd van mekaar omdat elkeen anders rou. Maar ons het vasgebyt. Deugedruk. En so sal dit bly. Dis net te maklik om te skei deesdae.

Nel ·

@ 7 sakke sout; Totdat hulle besef dat liefde nie maar net ‘n gevoel is nie, maar ook dêm harde werk is.

RW ·

So jammer! Sterkte vir julle! Moenie steur aan negatiewe kommentaar, sommige mense kan net nie leef sonder om gal te braak..

Vonkprop ·

Siestog. Nou ja, wie is volgende? Raak nou amper ‘n weeklikse ding. Kyk maar mooi. Al hierdie persoonlikhede wat altyd sulke mooi woordjies het vir mekaar soos hy/sy voltooi my lewe, my hart het sy ander helfte gevind, ek het geweet sy/hy is my eerste en laaste en en en, skei gewoonlik binne die eerste 2 tot 3 jaar. Kyk maar bietjie na die glanspaartjies wat hulle lewe privaat hou en nie alles uitblaker vir tydskrifte nie. Dis asof hulle meer volwasse is en nie die huwelik vir sensasie gebruik nie. My kommentaar is op vele gevalle gebaseer en nie net op die artikel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.