Bekendes by Obama-lesing

Charlize Theron is by die geleentheid in Johannesburg opgemerk. (Foto: Hooman Nouzouri/Twitter)

Charlize Theron is by die geleentheid in Johannesburg opgemerk. (Foto: Hooman Nouzouri/Twitter)

Duisende mense het Dinsdag by die Wanderers-stadion in Illovo, Johannesburg, byeengekom vir die 16de Nelson Mandela-lesing wat gelewer is deur die voormalige president van die VSA, Barack Obama.

Mandela sou Woensdag sy 100ste verjaardag gevier het.

Minstens 15 000 mense het akkreditasie gekry om die lesing by te woon. Dit sluit prominente leiers, presidente, staatshoofde en Afrika-koninklikes in.

Talle bekendes, soos die Oscar-bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise, Charlize Theron, is in die skare opgemerk. Hooman Nourouzi, ʼn senior kommunikasiebeampte in Afrika van die Britse departement van buitelandse sake, het ʼn foto saam met dié blonde skoonheid op Twitter gedeel.

Tamaryn Green tydens die geleentheid. (Foto: Tamaryn Green/Twitter)

Tamaryn Green tydens die geleentheid. (Foto: Tamaryn Green/Twitter)

Tamaryn Green, Suid-Afrika se nuutverkose Mej. Suid-Afrika, het ook die geleentheid bygewoon. “Oor vyf minute gaan Barack Obama sy plek op die verhoog inneem. Ek is so opgewonde om hom te hoor praat,” het sy by ʼn foto op Twitter geskryf.

Owerhede het motoriste aangeraai om Corlettweg te vermy wat van 04:00 tot 23:00 tussen Ruud- en Ireneweg gesluit gaan wees. Slegs geakkrediteerde voertuie en voetgangers sal naby die stadion toegelaat word. Polisie- en metropolisiebeamptes is in die gebied ontplooi om veiligheid te verseker.

Obama se lesing gaan oor die vernuwing van Mandela se nalatenskap en lesse om aktiewe burgerskap in ʼn veranderende wêreld te bevorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Boy van die Suburbs ·

Hardwerkende mense wat bekommerd is oor die Ekonomie hou hulle nie op met snert nie!

Johann ·

Baie hartseer dag eindelik. Obama prys SA vir die menseregte….

Miekie ·

Stem saam met Ria Nel. Tronke vol kerke leeg. Mense moet meer na Ons Hemelse Vader opkyk en nie van almal afgode maak nie dan sal ons land dalk weer word wat dit was.

Staansaam ·

Op ‘n ander noot: ek verneem Charlize skenk geld aan die EFF. Vir watter rede ook al. Ek weet nie of dit waar is nie, maar waar ‘n rokie trek……….. Ek ondersteun geen tydskrifte wat haar op die voorblad het, of ‘n artikel oor haar skryf. As ons almal saamstaan?????

Annamarie Olivier ·

Ek koop ook geen tydskrifte met haar op nie. Ons moet begin om standpunt in te neem

Lido Pellencin ·

Eendag, eendag sal ek nog uitvind hoe sulke mense se koppe werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.