Bekendes oor hul vroulike rolmodelle, en wat mans moet weet

Nasionale Vrouedag word vandag landwyd op verskillende manier in Suid-Afrika gevier, maar alles ter ere van die sterk en dapper vroue van dié land.

Dié dag is ter herdenking van die 20 000 vroue wat op 9 Augustus 1956 ʼn optog na die Uniegebou in Pretoria gehou het. Dié vroue het die optog in protes teen die paswette en segregasie gehou, met vroue soos Lilian Ngoyi, Sophia Williams, Rahima Moosa en Helen Joseph wat die opstand gelei het.

Vandag, meer as ses dekades later, word Vrouedag steeds gevier, maar is dit nou ook ʼn viering van vroue se krag en dapperheid, en die onmisbare rol wat vroue in die samelewing speel.

Maroela Media het ʼn paar vroue in die kunstebedryf oor vrouwees uitgevra – en sommer ook ʼn paar wenke vir die mans bygekry!

Cintaine Schutte.

Cintaine Schutte

Wie is jou vroulike rolmodelle?

My ma, my ouma, Shareen Swart, Audrey Hepburn, Alexandria Ocasio Cortez, Caster Semenya, Malala Yousafzai, Saartjie Botha, Anna-Mart van der Merwe… daar is te veel om op te noem!

Dink jy vroue wêreldwyd staan op ʼn gelyke voet met mans?

Nee, beslis nie wêreldwyd nie. En dit is ongelooflik hartseer. Daar is soveel vroue waarvan ons nie weet nie, wat nooit die nuus sal haal nie, wat elke dag probeer om hul stem harder te maak, seer te kry en die pad vorentoe uit te kerf vir ander vroue. Húlle is die werklike rolmodelle.

Wat is die een les wat jy vir alle mans oor vroue sal wil leer?

Daar is al hoe meer vroueleiers wat besig is om na vore te tree en dit gaan nie sommer ophou nie. Dis nou die tyd vir #AskHerMore. Ons het sterker immuunsisteme. Ons is baie meer buigbaar en ons kan multitask soos enige baas! Daar is beslis ‘n vrou agter elke man. Eenvoudig gestel… Ons kan toor!

Rolanda Marais (Foto: kykNET)

Rolanda Marais

Wat is jou definisie van vrouwees?

ʼn Vrou is iemand wat in wese en siel lief is vir haarself en haarself aanvaar met al haar tekortkominge. ʼn Vrou is iemand wat die krag van haar individuele kwaliteite besef, wat weet dat om sterk te wees, is om alle emosies te kan aanvaar, as’t ware te embrace.

Wat dink jy is die grootste uitdaging wat vroue in Suid-Afrika moet hanteer?

Dit is nog steeds so dat vroue minder betaal word as mans. Ek was self al die slagoffer daarvan. En ek dink die ergste is dat dit dikwels selfs vroulike base is wat die onregverdige betaling goedkeur .

As jy saam met vier vroue – uit die hede of verlede – kan gaan koffiedrink, wie sal dit wees?

As ek saam met vier vroue kan gaan koffiedrink, sal dit Madonna, Michelle Obama, Frida Kahlo en Brenda Fassie wees. Mmmm, mag ek nog enetjie byvoeg? Die sakevrou Iris Apfel hoort beslis ook op die lys!

Sorina Erasmus (Foto: Verskaf)

Sorina die Flooze

Wat is vir jou die lekkerste ding van vrouwees?

Dat daar báie meer fasette aan vrouwees is, as net ‘n eendimensionele ene. Daar is mawees, menswees, beroepsvrou en huisvrou, om net ‘n paar te noem. En die feit dat ‘n vrou meer as een van daardie afdelings met grasie en haar eie unieke tikkie skoonheid tegelykertyd kan bemeester!

Wat is die een les wat jy vir alle mans oor vroue sal wil leer?

‘n Les met ‘n tikkie humor, en dit is soms is “blondwees” nét ‘n front…

As jy saam met vier vroue – uit die hede of verlede – kan gaan koffiedrink, wie sal dit wees?

Die belangrikste vroue in my lewe is my ma, my twee oumas (wat albei reeds oorlede is) en my driejarige dogtertjie, Miana.

Marion-Holm

Marion Holm (Foto: Facebook)

Marion Holm

Wat is vir jou die lekkerste ding van vrouwees?

Ek dink dis die feit dat, as ek wil, ek kan op-dress en grimeer en hare doen. (Daagliks loop ek sonder enige grimering.)

Wat is die een les wat jy vir alle mans oor vroue sal wil leer?

Ek het ʼn brein. Hy mag dalk ánders werk as joune, maar ek hét ʼn brein.

As jy saam met vier vroue – uit die hede of verlede – kan gaan koffiedrink, wie sal dit wees?

Marie Curie, Margaret Anne Bulkley (aka Dr. James Barry), my grootouma Marion en my ma, Nakkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Swanna ·

Flooze ek dink jy is ‘n oulike en liefde volle vrou. Sal maklik ‘n sak sout saam met jou op eet. Dink jy is baie meer inteligent as wat mense jou voor sien.

Chris Bester ·

.. Net een ding!… Sorina.. Jou humeur… Jy trap als plat voor jou,… . en wees versigtig… nie te veel rowwe jafel speel nie…. Dís ‘n gevaarlike wegkruipplek jong.! nie ‘n maklike Vrou nie…. baie beslis nie… …

Antoon ·

Enige iemand wat Alexandria Ocasio-Cortez as ‘n rol model kies het geen benul nie

Anton ·

Wel eerstens is hierdie dag in herdenking aan die vroue wat na die Uniegebou gegaan het.
Enigiemand wat wil uitvind wat n perfekte vrou is lees gerus Spreuke 31.
Ek wil graag ook net herrinner dat daar 27000 VROUE EN KINDERS in hierdie land in konsentrasie kampe gesterf het en NIEMAND noem hulle nie?? Sies dit is n SKANDE!

Anton ·

Die Cortez vrou is hoof van die Demokratiese SOSIALISTIESE party van Amerika ( nie die gewone Demokratiese Party nie)….
Vind uit vir jouself

Renier ·

Met die ingang van die moderne Westerse samelewing is vroue die vraag gevra:”Wil julle spesiale behandeling geniet, of wil julle as gelykes behandel word?” Die antwoord was “Ja”.

Daarwasnogaltydregte ·

Die aristokrate van die spartane was hulle vroue en dit voor christus. Alle bekende middel eeu rojaliteit was vroue. Vroue in die viking clans het dieselfde regte gehad as die mans. Sommige tempels van die grieke mag net vroue ingegaan het.

AOC!?!? Sê baie van hierdie afrikaanse vrou se persoonlikheid al is sy mooi…

Tina ·

Ek wil gaan tee drink saam met:
Helené Truter
Rina Nienaber
Rina Hugo
Elsabé Daneel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.