Bekendes sê: Dís ons hoop vir 2018

Hoop is sekerlik die hoeksteen van elke jaar – hoop dat dinge in die volgende jaar sal beter wees, hoop vir tweede kanse en hoop dat die nuwe jaar belowende dinge sal inhou.

Sommige hoop dat die politieke situasie in die land sal verander, ander hoop vir meer gesprekke, verdraagsaamheid en liefde – maar dat, deur dit alles, hoop konstant bly.

Maroela Media het by talle bekendes gaan inloer om te hoor wat hulle hoop vir die nuwe jaar is.

Steve Hofmeyr (Foto: Facebook)

Steve Hofmeyr

Ek hoop dat almal iets sal kry van wat hulle wil hê, selfs net ʼn grepie daarvan.

Nataniël

Ek hoop dat mense hul eie sakke sal saamneem winkels toe en ophou plastiek gebruik. Dat Zimbabwe sal regkom (my hoop is min). Dat ek een oggend sal wakker word en nie meer van soetgoed hou nie. Dat ons vir ’n hele dag niks of van of oor Donald Trump sal hoor nie. Dat Suid-Afrikaners verkeersreëls sal begin gehoorsaam.

bouwer en leandie featured

Leandie du Randt en Bouwer Bosch

Leandie du Randt

Ek hoop dat ons ons land ʼn stappie vorentoe kan vat met die regte leier en dat ons almal mooier en sagter met mekaar sal wees ten spyte van ons verskille in kleur, taal, opinies, voorkeure en kultuur en ek hoop dat ek kan help werk skep in die tekstielbedryf deur my klerereeks en onderneming, Skoonma Clothing, uit te brei.

 

Chris Chameleon

My grootste hoop vir 2018 is dat die waardes van eerlikheid, beleefdheid, opleiding en hegter gemeenskapverbintenisse wêreldwyd ʼn oplewing mag beleef.

 

Je-Ani Swiegelaar (Foto: Aardklop)

Je-Ani Swiegelaar

My wens vir 2018 is om te werk dat dit by my ore uitloop. Ek wens vir geluk en voorspoed vir almal wat ek ken en vir diegene vir wie ek lief is; en ek wens vir ʼn ommeswaai in terme van ons land se politiek en ekonomie.

Joshua na die Reën

My hoop is dat ons die waarde van egtheid sal leer ken. Dit kan baie seerplekke genees.

 

Schalk Bezuidenhout

My grootste wense vir 2018 is geloof en liefde, want daai goedjies wat jou ma in haar kombuis hang het reeds hoop in, so dan is dit seker net geloof en liefde.

Altus Theart en sy vrou Zetske van Pletzen

Altus Theart

Dat ons ons land weer op die road to recovery kan kry! En dat EON se album multi-platinum-status sal bereik.

Hykie Berg

My grootste hoop vir 2018 is dat almal kan besef hulle het greatness in hulle. Almal kan beter wees as wat die wêreld van hulle verwag. Ons almal het die vermoë om van Suid-Afrika ʼn beter land te maak.

 

Die verhoogpersoonlikheid en aktrise Marion Holm. Foto: Robert Hamblin

Francois van Coke

Minder geweld, minder misdaad en meer vryheid en vrede.

Bouwer Bosch

My grootste hoop vir 2018 is dat Suid-Afrikaners meer in dialoog met mekaar moet wees. Ons praat te veel van mekaar en te min met mekaar en ek hoop ons kan in 2018 ʼn jaar hê waarin ons mekaar vorentoe help en vat in hierdie ongelooflike land van ons.

Marion Holm

Ek hoop dat Suid-Afrika uit die gemors sal kom en ons as nasie weer met hoop en liefde kan verenig.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

HPV ·

Dankie! Ek hoop dat dit wat julle hoop dadelik kan gebeur, dankie ook vir ure se vermaak wat
deur julle mense so gereeld aan ons veskaf word! Mooi 2018 vir julle en sommer almal!

Dirkie ·

Ek is onbekend maar my wense vir 2018 is: Zuma trek Dubai toe en vat sy volgelinge saam. Mark Alexander en Allister Coetzee gaan saam Japan toe. Kwotas word die deur gewys en mediate is ons maatstaf vir elke sportsoort. Ons plaasboere en werkers leer sonder vrees , ons nuwe regering straf misdadigers soos hulle behoort gestraf te word. Ons leef in vrede en liefde maak nie saak vir watter party ons stem nie. Amen

Leeu ·

Je-Ani, daai frons wat jy gee in Binnelanders is nou al permanent op jou.

Peet ·

Hopelik sien ons minder van jou Bouwer en Leandi. Sien hy is só belangrik dat jul hom 2 keer gevra het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.