Bekendes wat in 2016 gesterf het

Alan Rickman (April 2015) tydens "BAFTA A Life In Pictures, with Alan Rickman" in Londen (Foto: Grant Pollard/Invision/AP, File)

Alan Rickman (April 2015) tydens “BAFTA A Life In Pictures, with Alan Rickman” in Londen (Foto: Grant Pollard/Invision/AP, File)

Daar is ʼn lang lys van bekendes wat in 2016 gesterf het. Hier is ʼn paar van die bekendstes (ons vra voorlopig om verskoning indien ons enigiemand uitgelaat het):

Januarie
10 – David Bowie (69) (musikant)
14 – Alan Rickman (69) (akteur)
14 – René Angélil (73) (sangeres Celine Dion se man)

Februarie
3 – Joe Alaskey (63) (stemakteur – Bugs Bunny, Daffy Duck, Sylvester, Tweety)
13 – Antonin Scalia (79) (Amerikaanse appèlregter)
19 – Harper Lee (89) (skrywer van “To Kill a Mockingbird”)
24 – Leon Rousseau (84) (samesteller van Storieman-reeks)

Maart
2 – Fanie Smit (80) (radioveteraan)
6 – Nancy Reagan (94) (vrou van voormalige president van Amerika Ronald Reagan)
16 – Frank Sinatra Jr. (72) (sanger, seun van Frank Sinatra)

Prince met die ikoniese wit hemp in die fliek, "Purple Rain"

Prince met die ikoniese wit hemp in die fliek, “Purple Rain”

April
17 – Doris Roberts (90) (aktrise – Marie Barone op “Everybody Loves Raymond”)
20 – Victoria Wood (62) (een van Engeland se bekendste komediante)
21 – Prince (57) (musikant)

Mei
24 – Burt Kwouk (85) (akteur – Cato in die “Pink Panther”-flieks)

Junie
3 – Muhammad Ali (74) (professionele bokser)
19 – Anton Yelchin (27) (akteur, Pavel Chekov in drie Star Trek-flieks)
27 – Bud Spencer (86) (akteur)
29 – Margaret Bakkes (84) (skrywer)

Julie
2 – Teddy Rooney (66) (akteur, musikant – seun van Mickey Rooney)
3 – Noel Neill (95) (aktrise Lois Lane in “Adventures of Superman” (1952 – 1958))

Augustus
29 – Gene Wilder (83) (akteur)

Evert Snyman Foto: RSG

Evert Snyman Foto: RSG

September
17 – Charmian Carr (73) (aktrise – Liesl Von Trapp (oudste dogter) in “The Sound of Music”)
18 – Mandoza (38) (kwaito-musikant)
25 – Arnold Palmer (87) (gholfspeler)

Oktober
13 – Koning Bhumibol Adulyadej (monarg wat nog die langste ooit regeer het)

November
1 – Nico Carstens (90) (trekklavierspeler)
2 – Jans Rautenbach (80) (filmmaker)
3 – Clive Derby-Lewis (80) (politikus)
4 – Dot Serfontein (91) (skrywer)
7 – Leonard Cohen (82) (musikant)
25 – Fidel Castro (90) (diktator)

Debbie Reynolds en haar dogter, Carrie Fisher (Augustus 2003) Foto: AP Photo/Jill Connelly, File

Debbie Reynolds en haar dogter, Carrie Fisher (Augustus 2003) Foto: AP Photo/Jill Connelly, File

Desember
8 – Joseph Mascolo (87) (Stefano DiMera in Days of our Lives)
13 – Alan Thicke (69) (akteur)
18 – Zsa Zsa Gabor (99) (aktrise en sosiale vlinder)
25 – George Michael (53) (musikant)
25 – Vera Rubin (88) (astronoom)
25 – Friedrich Stark (62) (vervaardiger van televisieprogramme)
27 – Carrie Fisher (60) (aktrise)
28 – Debbie Reynolds (84) (aktrise)

Lees ook hierdie volledige lys: Wikipedia

Lees alle soortgelyke stories oor die Terugblik op 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ansie Geldenhuys ·

Mag 2017 vir ons almal – Maroela ingesluit – net vreedsamer en sodoende ‘n rustige gemoed skenk. Al die protesaksies , plaasmoorde, kriminele in alle omgewings vra net energie , wat aan positiewe gedagtes en handelings kan belofte gee.

annoniem ·

Hoekom nie almal erken wat gesterf het nie, wat maak sogenaamde bekendes anders.
Gewone mense het ook families wat treur en sukkel om die dood te verwerk

Jan ·

Annoniem (sic) ek dink met respek jy mis die punt van joernalistiek.

Jackie Tredoux ·

Dankie vir volledige lys, voeg Friedrich Stark se naam by.

Darius Els ·

Donald Trump word in vooruitsig voorspellers vermeld as of “verwyderde prsesident,of moontlike sluipmoord teiken.As dit gegebeur(laasgevermelde) kan mens maar weet ,soos Kennedy , sal so n daad van binne die veligheidsmagte uitgevoer word.
VSA mens is meer duiwels as mens.Alle satansdade word in VSA uitgevoer. Maar hulle het weens geld nie Obama ontsetel nie.Trump is nie goed nie MAAR veel beter as skelm Hillary.

Ano ·

Robert Vaugh is ook 2016 oorlede. Kan net nie die datum onthou nie
Jan Hettema – kan ook nie datum onthou nie.

SJOE dit was ‘n verskiklike jaar. Persoonlik ook 3 familie lede afgestaan aan die dood. (man, suster en oom)

Ano ·

En daar vergeet ek sowaar nog een – Die nimlike “Stefano” van Days of our Lives (kan wraggies nie sy regte naam onthou nie)

Landi Slatter ·

Dagsê Hannah18

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.