Ben Affleck vra Jennifer Lopez wéér die jawoord

Ben Affleck en Jennifer Lopez is weer verloof. (Foto: Valerie Macon/AFP)

Ná 18 jaar, twee huwelike en vyf kinders onderskeidelik, is die Hollywood-paartjie Jennifer Lopez en Ben Affleck vir ʼn tweede keer verloof.

Die 52-jarige aktrise en sanger het die afgelope naweek ʼn video van haarself waar sy ʼn groen ring bewonder, in haar nuusbrief “On The J”” gedeel. Haar verteenwoordigers het kort daarna die verlowing aan die tydskrif People bevestig.

Lopez en die 49-jarige akteur en regisseur het mekaar die eerste keer in 2002 op die stel van die fliek Gigli ontmoet. Affleck het in 2003 vir Lopez die jawoord gevra, maar hul paadjies het egter vroeg in 2004 geskei.

‘n Skermgreep uit die video wat Lopez op haar nuusbrief gedeel het. (Foto: Skermgreep/On The Jlo)

“Bennifer” – die egpaar se bynaam uit hul eerste hoogs gepubliseerde verhouding – het egter verlede jaar die internet weer aan die gons gehad toe foto’s van hulle saam die rondte begin doen het.

Lopez het in Februarie vanjaar haar hernieude verhouding met Affleck tydens ʼn onderhoud met People bespreek en gesê dat hul tweede kans op ʼn verhouding met mekaar “’n pragtige liefdesverhaal is”.

Dit sal Lopez se vierde en Affleck se tweede huwelik wees.

Lopez was voorheen getroud met die akteur Ojani Noa, die danser Cris Judd en die sanger Marc Anthony, met wie sy die 14-jarige tweeling Max en Emme deel. Affleck was getroud met die aktrise Jennifer Garner en hulle is die ouers van Violet (16), Seraphina (13) en Samuel (10).

Lopez het minder as ʼn jaar gelede haar vier jaar lange verhouding en twee jaar lange verlowing met die bofbalspeler Alex Rodriguez beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
MakersMark

There is no education in the second kick of a mule.

Marcello

WoW !!!!!!!! Ek dink hulle is ‘n pragtige paartjie.