Ben Kruger sterf

Ben Kruger, bekend as oom Okkie Ferreira in ‘Binnelanders’.

Ben Kruger, die Binnelanders-akteur wat die rol van Okkie Ferreira vertolk het, is Dinsdag dood weens Covid-19. Hy was 64 jaar oud.

Kruger, wat ook as neef Gert in 7de Laan ʼn draai gemaak het, is in sy huis in Brooklyn, Pretoria, dood.

Suzaan Keyter, bemarkingsbestuurder van kykNET, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Die span van kykNET en Binnelanders is absoluut verpletter,” sê sy.

Kruger het ook rolle gehad in flieks soos Cry, The Beloved Country, Snake Island en Stander.

Verlede jaar het hy die Golden Horn-toekenning vir beste byspeler in ʼn sepie vir sy rol as Okkie Ferreira in Binnelanders gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Andre ·

Sjo, dis verskriklik harseer!!! Was n baie goeie akteur, altyd so vriendelike gesig!

Martie ·

Jissie dit is ‘n skok, Binnelanders sal defnitief nie dieselfde wees sonder hom nie.

MakersMark ·

Wat ‘n verlies. Onthou hom nog van “Skooldae” in die ’80’s …….

Anel ·

Ek ook. Daar was so ruk terug weer heruitsending van Skooldae. Het dit weer baie geniet.

Sandra ·

Dis nou slegte en hartseer nuus. Sal hom altyd onthou vir Skooldae, al het hy baie ander rolle gespeel.

Persheks Adri ·

Ai dis nou regtig ‘n verlies! Sterkte aan die familie en vriende ons gebede is met julle. Rus sag oom Ben!

Kosie ·

Oom Okkie (Ben) ons gaan jou mis, jy was n goeie akteur jy het soos n vriend gevoel

Racheltjie Debeer ·

Groot skok! Innige meegevoel met sy familie en vriende.

Annamarie ·

Rus In Vrede. Binnelanders gaan nie dieselfde wees, sonder “oom Okkie Ferreira”.

marius ·

Hy laat ons Afrikaners oor die wereld steeds skaterlag . Rus in vrede ou Ben .

Ilze ·

Binnelanders is een van my gunsteling sepies. Dit gaan nie dieselfde wees sonder sy karakter nie. En dan is daar nog mense wat dink COVID is net ‘n “verkouetjie”

Lorna ·

Omw hoe huil ek nou
Voel soos grootste vriend wat ek verloor
Hy was elke aand in my sitkammer op die TV
RIV OU GROTE RUS SAG

Eclectus ·

Het hom so drie jaar gelede op die verhoog gesien, maar vir my sal sy skoolhoof tirade met Poena altyd die gunsteling bly.

Stof ·

Onthou julle sy briljante vertolking van die onderwyser in Skooldae? Toe was ons nog jonk en mooi.
Mag sy nagedagtenis vir vele tot soete herhindering wees.

Anel ·

Hy het ook lekker braairesepte op Pretoria FM gedeel. Gaan hom mis. Sterkte aan al sy familie en vriende. Nog ‘n legende wat ons verlaat.

Dirk ·

Vaarwel Ben,jy gaan beslis gemis word.Sterkte aan sy familie..

Magda G ·

Ben ons gaan jou vreeslik mis in Binnelanders. Jy was n puik akteur. RIV

Danie ·

Ou Ben/Okkie dit is met hartseer wat ek vandag van jou afsterwe ggehoor het. Jy was n briljante akteur asook mens. Ek en my vrou gaan jou geweldig mis op Binneland. Dankie vir al die mooi akteurspel wat jy gelewer het. Mag jy die spel voortsit in die hemel. Rus in vrede by Jesus voete.

Moedeloos ·

Baie hartseer nuus. Ai ou Ben rus in vrede die bedryf het n groot hart verloor

Andries ·

Baie hartseer nuus!! Het grootgeword met Ben in ons TV kamer.
Skooldae se karakter mnr. Christo de Wet sal my altyd bybly.
Rus in vrede Ben Kruger. Jy laat net goeie herinneringe agter.

pokkel ·

Hy was mos ook verantwoordelik vir die baie akkurate vertolking van ‘n tipiese Afrikaanse skoolhoof in Poena is koning :D RIV

Annakapat ·

En die deurmekaar haar dominee wat vir Worsie en sy Koekie so vinnig moes trou in sy tennisklere in Vetkoekpaleis

Excalibur ·

Wat ‘n skok en besef hoe tydelik en broos ons as mensdom is. Mag ons Hemelse Vader sy geliefdes in sagmoedigheid en liefde omvou in hierdie hartseer tyd van aardse rou. RIV Ben.
Karen Meiring van M-Net, kykNET ek maak ‘n nederige beroep op u en die skryer van Binnelanders : GROOT ASB, laat die skielike wegval van “Oom Okkie” (Ben) ‘n realistiese maar mooi akteur storielyn einde vir hierdie gerespekteerde akteur in Binnelanders se “Oom Okkie” karakter en ASB GEEN geweldadige skielike einde sodat ons hom kan eer en onthou as daardie vriendelike altyd glimlaggende persoon wat hy was. By Voorbaat Dank.

KaRoOkWaGgA ·

So val nog ‘n groot boom van die Afrikaanse film industrie. Hy sal altyd in mense se harte voortleef. Onthou hom nog goed vir sy rol as Mnr. Christo De Wet in die Skooldae tv-reeks en ook as die hoofseun, Schalk Visser, in die 1976 Suid Afrikaanse film “‘n Sondag in September”.

Filistyn ·

‘n Groot boom het geval. Sterkte vir almal in sy lewe. Hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.