‘Binnelanders’-ster trou met Namibiese skoonheid

Clinton Brink en Steffi van Wyk (Foto: Clint Brink via Facebook)

Clinton Brink en Steffi van Wyk (Foto: Clint Brink via Facebook)

Die Binnelanders-akteur, Clinton Brink, wat bekend is vir sy rol as dr. Steve Abrahams in dié hospitaaldrama, het Dinsdag die knoop deurgehak met die Namibiese skoonheid, Steffi van Wyk.

Die akteur het in Julie die ja-woord gevra by die Fusionista-restaurant in Randburg, Johannesburg.

Sy mede-akteurs, Je-ani Swiegelaar en Kim Cloete, was onder die gaste. Cloete vertolk die rol van sy vrou, Bronwyn, in die sepie.

Steffi, ʼn gebore Namibiër, was in 2015 Mej. Namibië, asook Mej. World Sport Challenge.

Clinton het vroeër op sosiale media geskryf Steffi is die liefde van sy lewe ná die paartjie verloof geraak het. “Wat God bymekaar gebring het, kan geen mens skei nie. Ek is ongelooflik dankbaar,” het hy geskryf.

Die paartjie koer behoorlik op sosiale media met verskeie foto’s waarin hulle dolverlief lyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Aletta ·

Nee, Wat-ek-lees. Nie nuus nie, kan jy sien dis onder ‘ander stories’ onder die vermaak afdeling geplaas?

E ·

Baie Geluk! met jul geluk natuurlik nie ander se geluk….
So gelukkige geluk, gelukkig.

charmaine ·

Pragtige rok en meisie. Wat is Binnelanders? Is dit iets op TV? Ek het nie n TV nie.

Jeanette ·

Baie, baie geluk julle lyk pragtig, ek mis geen episode van Binnelanders nie, moet net uit Binnelanders uit gaan nie asseblief ons geniet dit, nogmaals baie geluk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.