Bobby is ‘SA se mooiste man’

Bobby van Jaarsveld (Foto: Verskaf)

Die tydskrif Sarie se lesers het die sanger Bobby van Jaarsveld gekies vir die titel van “mooiste man in Suid-Afrika”.

Van Jaarsveld het in reaksie op die toekenning aan Sarie gesê dis vir hom baie vreemd, maar dat hy dit waardeer.

Volgens Sarie se lesers is die sanger Brendan Peyper die tweede mooiste man in die land, gevolg deur die swemmer en sakeman Ryk Neethling.

Die sanger Steve Hofmeyr, rugbyspeler Francois Hougaard en akteur Ivan Botha is ook op die lys.

Van Jaarsveld is ook in 2012 deur die tydskrif Cosmopolitan as die sexyste man aangewys.

Sarie het verlede jaar sélf die 20 mooiste mans in Suid-Afrika gekies, maar het vanjaar besluit om hul lesers die geleentheid te gee. Sarie-lesers het 40 mans benoem en toe is daar gestem.

Kyk hier hoe lyk die res van die top-20.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Piet Snot ·

Ek’s rêrig nie into mans nie (vra my vrou ;)
Maar hy’s lekker om na te kyk.

Stom ·

Ag nee tog. Klink darem of hy dit nie te ernstig opneem nie.

Helene. smuts ·

Ag nooit ek al baie mooier mans gesien, NEE !!!!!! NIE Hy nie.

Sandra ·

Hy is pragtig en aantreklik, want dit was God se mooi handewerk. En as jy nederig is dan is jy EERS mooi. Veels Geluk!

Piet Pompies ·

My kinders het vir Bobby ontmoet by van die eerste Innibos feeste en die man was en is nog nederig, ek dink sy gesig weerspieël dit.

Yvonne ·

Onthou maak verskil. En wat vir my en jou aantreklik is, is dalk nie vir die volgende een aantreklik nie.Die lesers het gestem.Daar is verseker nog baie ander aantreklike mans daarbuite hetsy bekend of onbekend. Maar Kom ons wees nou maar eerlik Bobby is nie onaantreklik nie. Moet nie geniepsig wees oor sy benoeming nie.

KarenG ·

Yvonne, stem volkome saam. Hy het nie vir die toekenning gevra nie, so dis nie nodig om beledigend teenoor hom te raak nie. Soos hulle altyd se “beauty is in the eye of the beholder”.

Louisa van Reenen ·

Ag nee wat. Wanneer iemand sy hemp konstant moet uittrek vir aandag kan daar nie veel wees nie. Nee dankie

W.S ·

Hy is ‘n baie baie mooi man ja. Nog nie aantrekliker gesien in al my jare op aarde nie. Bietjie jonk vir my smaak maar hy verdien die titel ?

Johan Saaiman ·

Bobby is nie net aantreklik nie maar het n mooi hart as christen en dit uitleef in sy lewe.Baie geluk my Yahweh broer .Goeie regte keuse

a ·

Genugtig. Ek kan nie glo my foto het in die pos weggeraak nie……….

Denise ·

Ek sou beslis, YEBO YES, geskreeu het vir Bobby, maar toe sien ek Steve Hofmeyer is ook op daai lys, nou wonder ek hoe meet hulle die danige mooi mans, want wraggies ek kan nie dink dat n man met so baie plooie ook op daai lys kan wees nie, of kyk hulle na “inner beauty”, want dan glo ek Bobby vat nog steeds die eerste plek, maar dan weer het Steve “inner beauty”. Nee wat, los net die lys, baie mooi mans wat nie eers op die lys is nie en wat ons strate bewandel.

Onnodig geniepsig ·

Ek hou ook nie van sulke kompetisies nie, maar julle is onnodig geniepsig, ek sien by Pierre Spies en sy baba ook. Eerstens doen die media positiewe beriggewing, iets wat nie net moord& dood is, dan in beide gevalle het die 2 manne dit nie geplaas of versoek nie. Albei manne met n mooi Christin hart, dit is die voorbeeld vir almal. Ek het beide mans al leer ken en werklik nederig en n ware voorbeeld, kyk eers hoe jou lewe is voor jy oordeel, regtig waar jul woorde maak seer en as jy trap gaan jy getrap word, dink dan terug aan hierdie geniepsige kommentaar.

Kleintjie ·

Agge nee wat. Daar is baie beter op daardie lys. As dit die smaak van die Sarie lesers is koop ek nie weer n Sarie nie, want ek wil nie vereenselwig word met sulke swak smaak nie.

chris ·

HAhahahahahaha . Ek ding SA vrouens het beter smaak as dit .

"Eksê" ·

Really!!! Ek sien nie mooi manne nie, ja maar mooi wyfies whoo!

Chantel Smith ·

Hoeveel het hy Sarie betaal? Nee, wat stem nie met Sarie saam nie

Wow. ·

Hy is baie aantreklik, van binne en buite. Hy verdien dit. Alhoewel daar baie aantrekliker mans is as hy.

foxi ·

Ag nee man Sarie……….is daar iets verkeerd met julle oë daar?

Ou Tannie ·

Bobby is mooi ja, maar op my ouderdom sal ek liewers vir Steve gaan.

Liza101 ·

Vieslike kommentaar van lesers! Janez is my gunsteling maar ek vat niks weg van Bobby nie, geen respek meer vir ander nie! SIES! Julle is almal pragtig!

Stella ·

Bobby en Ryk Neetling (die gewese swemster) trek nogal namekaar,,MAAR Ryk is mooier as butterflies (Bobby)

Darius Els ·

Ai maar afrikaanse mense maak lekker grappe!
Behalwe Ryk lyk AL die ander soos ongelukke wat plek soek om te gebeur.
AANTREKLIK beteken voorkoms,nie innerlike/of geloof nie.
Ek hou nie van Kaap nie,maar op US loop tans die aantreklikste man EN SY MEISIE rond(op fb gesien)
Weet net meisie is n van Vuuren en kerel is n van Rensburg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.