Bobby se suster, kinders erg geskok na misdaadvoorval

Cara (regs) saam met haar suster, Karlien van Jaarsveld (Foto: Facebook)

Cara (regs) saam met haar suster, Karlien van Jaarsveld (Foto: Facebook)

Bobby van Jaarsveld se suster, Cara Brink, is erg geskok en ontsenu ná ʼn grypdief Maandagoggend haar motorruit in Pretoria gebreek en haar selfoon gesteel het terwyl sy Bobby se kinders, Sion (4) en Leben (3), in die motor gehad het.

Ronel Brink, die Van Jaarsvelds se ma en bestuurder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Almal is erg geskok. Dit is ʼn ongelooflike traumatiese ervaring. Sy was in so ʼn moeilike situasie, met motors voor én agter haar, dus kon sy nêrens heen beweeg nie,” het Ronel gesê.

Die grypdief het glo in die middel van die verkeer by die Fonteine-sirkel in Pretoria na die motor geloop en ʼn geruime tyd gesukkel om die venster te breek. “Toe die venster breek, het hy die foon gegryp en in Cara se oë gekyk. Dis so half asof hy lekker gekry het. Dit is die vermetelheid wat mens bang en seermaak,” het sy bygevoeg.

Sy sê die voorval is veral sleg omdat die kinders nog so jonk is. “Ons as grootmense weet daar is iets soos misdaad en ons probeer daarmee vrede maak. Maar in hul kinderharte weet hulle nie hoe om so iets te verwerk, of selfs wat gebeur het nie.”

Ronel sê hoewel dit ʼn aaklige voorval was, is die gesin dankbaar om veilig en ongedeerd te wees. “Dit bly sleg en traumaties, maar ten minste is ons kinders oukei.”

Sion en Leben (Foto: Instagram)

Sion en Leben (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Alida ·

Dit is regtig nie meer nuus. Ons onbekende mense loop elke liewe dag deur. Grypdiewe is niks in vergelyking met ‘n aanval in jou huis of kaping nie. Vra my ek weet is al deur aldrie !!!!

Quintin ·

Net so…. Welkom in Gauteng. Ai het sy smash en grab gehad op die venters? Indien so is ons almal in die moeilikheid want dan werk dit nie.

Christine ·

Mense kan my kruisig as hulle wil, maar ek sien elke liewe dag op die pad hoe mense met hulle selfone op die stuurwil sit en teks terwyl hulle ry. Ek se nie dit is wat hier gebeur het nie, maar hoe het hy geweet om dai selfoon te gryp. Dit bly gevaarlik mag ander daardeur let op die gevaar om so te bestuur. Almal se altyd jy moet ook nie jou handsak op die sitplek los waar gryp diewe dit kan sien . Selfoon is dieselfde.

Anoniem ·

Bedoel nie om lelik te wees…Maar die dinge is aan die orde van die dag. Dit gebeur elke dag met een van ons en dit haal nie die nuus nie………

Quintin ·

Net so…. Welkom in Gauteng. Ai het sy smash en grab gehad op die venters? Indien so is ons almal in die moeilikheid want dan werk dit nie.

Lilla B ·

My buurvrou het smach en grab op gehad, hulle het blitsvinnig beide ruite uitgeslaan en duur pasgekoopte artikels gegryp…dus werk dit blykbaar nie altyd goed nie of hulle het alweer ‘n nuwe manier gevind om die ruit te breek ten spyte van die voorsorg.

Quintin ·

Dit was nie karlien sê kinders in die kar nie.. Is Bobby sin

Katjie ·

Miaaaau Ouma mix
Sit weg die naels…die is Bobby se kinders en sy suster…nie Karlien nie.
En btw sy staan op trou…

Jo-anli ·

Eks deur kaping 2x , aangehou in my huis, my motor gesteel . Ons almal kry bitter swaar, nie een persoon is beter as ander nie. Dit moet met niemand gebeur nie. Baie baie traumaties. Ek sukkel al 10 jaar om vanaf eerste kaping te verwerk.

Liewe heksie ·

Jammer om te hoor maar welkom in SA dit gebeur elke dag met meer as een persoon dagvaar die smash and grab maatskappy hul produk werk nie

Erika ·

Dit gebeur oral. Ons moet maar daarmee saamleef. Net jammer dat die klein kindertjies in die motor was. Self n ouma wat met kleinkinders rondry en weet watter vrese ek ervaar. Hou maar oe oop waar ek moet stop en sluit deure sodra ons inklim.

JM ·

Weet jy. Ek raak nou moeg vir ons samelewing waar ons als net as gedwonge aanvaar. Ek is self een van hulle. Ons is al so gewoond dat hierdie goed gebeur. Maar tog so dankbaar dat dit nie erger is nie. Bv.. hulle het by ons ingebreek, maar dankie tog terwyl ons nie by die huis was nie. Hulle het iemand gehigh jack. Maar dankie tog hulle het hom darem nie geskiet nie. Hulle het haar verkrag, maar teminste nie vermoor nie. Hoekom moet as daar so iets met ons gebeur so dankbaar wees dat dit nie erger was nie. Hoekom moet ons dankbaar wees vir iets wat in die eerste plek nie eens met ons moes gebeur het nie! Ek gee toe. Elke land het misdaad en hulle het probleme, maar wanneer gaan ons ophou dankbaar wees en iets aan die klomp doen en se genoeg is genoeg?

popeye ·

Hier is nog nuus…Piet, Barbara, Lerato, Bongani, Anesh en Presha , Gamal en Laifa het almal die laaste week dieselfde beleef, inteendeel het 18 mense vandag op 3 Oktober ook hul lewens verloor omdat hulle vermoor is….

Francie ·

Sy was in die verkeer vas – het nie een van die motoriste om haar gesien wat aangaan nie?

Audrey ·

Wanneer gaan mense leer om nié selfone, handsakke ens in voertuie, ten toon te stel nie!

‘n Paar jaar gelede is ‘n goue ketting van my nek afgeruk….in Parys, Frankryk. Sy velkleur was dieselfde as myne. Met respek gesê!

My les geleer, want dit was my fout….ek was nie paraat genoeg nie!

Claudette ·

JM ek stem 100% saam met jou. Dit moet nie gebeur nie en dankbaar wees dit was nie erger nie… Gatvol!!!!

lilipit ·

Mag ek net noem dat ek net so keelvol is vir die elke dag se misdrywe en misdade! Ek is nou DIK daarvoor dat mense blatant oor bloedrooi ligte jaag, sommer so drie op ‘n slag. Of kop onderstebo ry, al tikkende op die foontjie. En ek is trommeldik vir die absolute varkhok van ‘n (netjiese) Pretoria- oostelike voorstad. Of jy nou ruite uitslaan of tik-en-bestuur of almal se lewens in gevaar stel met jou gedrag op die pad…. misdaad is misdaad! Ek is self deur 3 gewapende rowe… moet my dus nie kruisig… maar as almal begin deur die balk uit hul oog te haal (en in die proses sommer meer paraat te wees), het ons dalk ‘n kans.

Sputnik ·

As enigiemand dink dat “anti smash & grab”-film die oplossing is, maak jy ‘n baie groot fout. Hulle gebruik net ‘n groter voorwerp of slaan die ruit meer as een keer. Dit maak dit net effens moeiliker vir hulle.

Mari ·

Word dit nou al in die media bespreek as dit gebeur of is dit net as jou familie maak of hulle Kan sing dat dit belangrik is?

zelda ·

Ag shame welkom in the real world van crime onthou jul mense wat celebs is julle is niks beter as gewone ou op straat nie.

Ruby ·

Mari en zelda, julle hoef nie so geniepsig te wees nie, hulle het ook gevoelens “soos die gewone ou op straat”.

Jaloesie is ‘n lelike ding.

GES ·

Ek dink nie altyd dat dit die “celebs” is wat blootstelling soek nie. Die media is net so skuldig agv sensasiesoek. Die feit bly staan dat iets sal moet gebeur. So kan dit nie aangaan nie. Paraatheid behels ʼn bietjie meer. Bewapen jouself met pepersproei, skokstok ens. Miskien het dit tyd geword om meer te berig oor hoe aanvalle afgeslaan is.

CommentQueen ·

Ja. Selfoon in die hand. Handsak op die sitplek. Laptops op agtersitplek….
Maar dan wonder ons hoekom hierdie kriminele so maklik kan steel – want ons nooi hulle!!
Goed lê oop en bloot en jou aandag is so by jou foon dat jy nie eens die krimineel sien aankom nie!
Bere maar jou goedjies waar mense dit nie kan sien nie en konsentreer op wat om jou aan die gebeur is….

Riette ·

Ag bog!! Feit is ons voorstad/stad/land en wereld is 1 groot misdaad gemors.
Ons gaanie en kanie dit stop nie, dit is die socioekonomiese klimaat waarin ons woon, ding is hulle het nou slim geraak en is meestal geleentheids misdadigers,daar is wel die ernstiger misdade wat baie tragies is,maar die klomp wat ons so aanval helder oordag is omdat hulle die geleentheid sien en vat,dit is onaanvaarbaar dat jou besittings en jy en jou familie en vriende nie kan wees en doen wat en waar jy wil nie, ons sal vir ewig hieroor kan debateer,elkeen doen maar sy eie klein dingetjie en bekamp dit wat ons kan waar ons kan,ek is deel van ‘n zello groep en ons het al baie suksesse gehad,die klomp moet weet daar is oe en ore wat hulle dophou en dan verdwyn hulle,maar hulle gaan net na die volgende maklike teiken toe want die tronke is ook oorvol……

hans brits ·

As jy goed is dan is jy goed,die wereld moet daarvan weet en die kritisie,klipgooiers,veroordeellaars,jaloerses ens moet dit ook weet.Die celebs is ook net mense.

alicia ·

Sies! Waar is julle menslikheid? Kry jy een of ander genot daaruit om negatiewe, afbrekende kommentaar te lewer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.