Bobby van Jaarsveld het onlangs ʼn foto op Instagram gedeel waar hy die einste swembroek aanhet waarin Faf de Klerk ná die Wêreldbeker-eindstryd rondgeparadeer het.
Dié swembroek, met die Suid-Afrikaanse vlag op, het sedertdien opslae gemaak en is wyd en syd op sosiale media versprei. Maroela Media het vroeër berig dat dié swembroekie onmiddellik ʼn blitsverkoper geraak het ná De Klerk se manewales.
ʼn Ander bekende blondekop-Suid-Afrikaner, Bobby van Jaarsveld, is nou die nuutste wat ook in dié swembroek pryk.
Van Jaarsveld het ʼn foto gedeel van hom waar hy op die strand sit met sy vlagswembroek aan en het daarby geskryf dat hy modewenke by De Klerk gekry het.
“Dankie vir al die klerekaswenke en dat jy die mans daar buite inspireer om hul vlag te dra,” skryf hy.
Dié inskrywing het sedertdien gesorg vir meer as 8 000 trefslae op Instagram se “like”-knoppie.
Van Jaarsveld het ook vandag ʼn foto gedeel waar hy voor die Bokke se bus ry tydens hul trofeeparade wat Donderdag in Pretoria begin het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
32 Kommentare
En dit is nou nuuswaardig? Ag,asb tog.As Robbie en sy sussie huk dan weet almal dit.
Ploeg met Faf en die Bokke se osse….
Soek maar altyd die geleentheid om ‘n bietjie publisiteit te werf.
Hi Maroela Media en lesers (of commentators)
Die foto wat Bobby gister (ook op Facebook) geplaas het, is ‘n foto wat reeds 1 jaar gelede op Bobby van Jaarsveld se Facebook geplaas is toe hy met vakansie was… nee, hy ploeg toe nie met Faf en die bokke se osse nie… maar dit was nie so “nuuswaardig” soos nou na Faf se broekie die wereld op hol (skies die pun) het nie
So hys ons Suid-Afrikaanse manne trots ons vlag!
Bobby en Karlien is altyd desperaat vir aandag, veral noudat hul sangloopbane nie meer so wat wonders doen nie.