‘Boer soek ʼn vrou’ se Ilne trou

Die pasgetroudes (Foto: Instagram)

Ilne Prinsloo, een van die kykNET-reeks Boer soek ʼn vrou se gewildste deelnemers, is getroud.

Ilne het Sondag ’n foto op Instagram geplaas waarin sy en haar nuwe man, Wianco Blom, hul trouringe wys. “Honeymooners. Die Blomme is een meer,” het Ilne by dié foto geskryf.

Gelukwense stroom sedertdien in.

Ilne het bekendheid verwerf toe sy boer Graham Lombard, ʼn melk-en-beesboer van Cradock in die Oos-Kaap, se hart gewen het op die werklikheidsprogram Boer soek ʼn vrou. Dié twee was een van die reeks se gewildste paartjies, maar het in Februarie verlede jaar bevestig hul paadjies het geskei.

Ilne en Wianco het sowat ’n maand gelede verloof geraak waarna Wianco verlede week op Instagram verklap het dat hulle vanjaar oorsee gaan werk.

Die nuwe seisoen van Boer soek ’n vrou word van Donderdag 21 Januarie op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ronél ·

Baie baie geluk julle 2. God’s rykste seen wens ek julle toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.