Boer Hennie Lötter van die negende reeks van Boer soek ʼn vrou en sy “onverwagse liefde”, Jacobu Muller, is verloof.
Hennie het die nuus Saterdagoggend op sy Instagram-profiel bekendgemaak toe hy ʼn foto van hom en ʼn stralende Jacobu gedeel het wat spog met ʼn blink ring aan haar vinger. “Sy het gevra en ek’t ja gesê … dat ek belowe ek sal haar hart mooi oppas vir altyd!” het Hennie by die foto geskryf.
Die paartjie het in Januarie vanjaar die publiek verras met die aankondiging dat hulle “onverwags en onbeplan” liefde by mekaar gevind het. Hennie, ʼn veeboer van Willowmore in die Oos-Kaap, het aan die negende reeks van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks deelgeneem, maar nie liefde by een van die meisies gevind wat hy saamgeneem het plaas toe nie.
Jacobu het aanvanklik ingeskryf vir boer Arno, maar dié twee het aan die einde van die reeks aangekondig dat hulle voortaan net vriende sal wees.
Kykers het ná die reeks behoorlik hul monde op sosiale media uitgespoel dat geen van die manne in die reeks werklik “ʼn vrou gesoek het nie”, maar toe verras Hennie en Jacobu met die nuus dat hulle nou amptelik ʼn paartjie is. Boer Leon-Fritz het kort ná die aankondiging verklap dat die twee al drie maande lank “agter die gordyn vry”.
Maryke Allers, kykNET-mediabeampte, het destyds aan Maroela Media vertel Hennie en Jacobu se verhouding het glo vlamgevat ná Jacobu ʼn pakkie vir Hennie op sy pa se plaas moes aflewer. “Sy het vir hom ʼn boodskap gelos, en nadat hulle begin gesels het, het die liefde hoog begin brand.”
Lyk asof boer Hennie uiteindelik sy vrou gevind het!
Baie Geluk Hennie en Jacobu.
Mag die verliefdheid verewig hou tussen julle twee!
…vir ewig…
Nes jy daar se Boesman! xxx
Dis ‘n storieboek waarvan die einde nooit geraai kon word wat die einde sal wees nie………………………WONDERLIK !!!
Hennelie, jy sal aan jou gedagtegang moet werk. Waarom dink jy aan eindes terwyl daar nie so iets bestaan nie? Glo wat ek sê, daar is geen einde maar bloot horisonne…
agter sy geld aan dis al
Regtig Barend daar is baie vrouens wat eerder in n grot sal bly en brood eet saam die man wat sy lief is. As om eerder sy armcharm sal wees. Hoop jy vind so vrou as om eerder n suurknol vir die res van jou lewe te wees
Ek moet ongelukkig Barend sekondeer….
Ek was drie maande na ongeluk sonder kar en diep in die skuld……gelukkie gehad en finansies het verbeter en nuwe bakkie gekoop…..skielik het ek te min dae vir al die versoeke vir koffie dates……maar ja ek wens vir vrou soos jy beskryf Adele
Wat ‘n wonderlike verrassing!! geluk julle 2