Die immergewilde sanger Bok van Blerk en sy vrou, Hanna Grobler, het onlangs hul kleinding se eerste verjaarsdag gevier.
Hul seuntjie, Samuel, is op 19 Desember 2016 gebore.
Van Blerk (Louis Pepler), wat bekend is daarvoor dat hy sy gesin uit die kollig hou, het Dinsdag ʼn skattige foto van die blondekopseuntjie op Instagram gedeel. “Jy is die beste ding wat in my hele lewe met my gebeur het!” het Van Blerk geskryf. “Baie geluk met jou eerste verjaarsdag my bul!”
Grobler het oor die naweek ook ʼn kleurvolle foto van Samuel se eerste verjaarsdagpartytjie op Instagram gedeel. Sy het ook nie nagelaat om die organiseerders van die partytjie te bedank nie: “Baie dankie vir ons baba se pragtige Paw Patrol-koek en dekor vir sy eerste verjaarsdag! Julle is amazing!” het Grobler gekoer.
Dit is die eerste keer dat die paartjie hul seuntjie se naam bekend maak en ‘n foto van hom deel.
Die egpaar is in Mei 2015 deur diep waters toe hulle eerste seuntjie doodgebore is. Van Blerk en Grobler vier in Maart volgende jaar hul vierde huweliksherdenking.
Baie geluk julle drie, is 22 jaar terug deur dieselfde as julle, my seuntjie is ook vol terme stil gebore. Kan vir niemand beskryf hoe kosbaar dit is om weer so liggaampie in jou arms te hou en mens raak oorbesitlik. Maak nie saak wat mense vir julle se nie, bederf hom net soos julle wil, ek doen dit met my ander twee uitgevrete lummels en vier ook hul verjaardae in oormaat, ek druk en soen hulle voos tot hul ergenis en troetel hulle asof hulle nog my babas is tot ander se vermaak en hul verleentheid☺Maar lief hulle met my hele hart. Ek voel als wat julle voel. God bring weer vrede en vreugde
Sou graag wou sien hoe jongeheer Sameul lyk. Veelsgeluk met sy verjaardag.
Baie geluk, Juig saam met julle!! ons het ook n babatjie verloor
Baie baie geluk met Jul Klein man se verjaarsdag!
Baie geluk julle 3. Koester hierdie tye. Die tyd vlieg so gou verby. Een van die dae is dit sy 21ste verjaardag. So baie bly vir julle.
Regtig so bly vir julle! Baie geluk
Sal so graag daai ou gesiggie wil sien. Baie geluk met sy verjaardag.