Bok, Hanna deel babanuus

Bok van Blerk en Hanna Grobler.

Hanna Grobler, aktrise en vrou van die bekende Afrikaanse sanger Bok van Blerk, het Dinsdag bekend gemaak dat sy swanger is met ʼn dogtertjie.

Die egpaar het ook ʼn seuntjie, Samuel, wat in Desember 2016 gebore is, en ʼn dogtertjie, Yamila, wat in Mei 2018 gebore is.

Grobler, ook ʼn kranige kunstenares en uitvoerende hoof van die Hanna Charity and Empowerment Fund, het Dinsdag ʼn foto op Instagram gedeel van pienk konfetti wat om haar voete gestrooi is.

“It’s a girl … #sussie #babyontheway #ohhappyday,” het sy by die foto geskryf en vir Van Blerk daarby ingesluit.

Talle bekendes het die egpaar gelukgewens met die nuus van die jongste spruit.

“Geluk, liefste Hanna! Ek is so bly vir julle, dogtertjies is ʼn fees,” het die aktrise Rolanda Marais geskryf.

“So opgewonde saam met julle,” het die sangeres Karlien van Jaarsveld gesê.

Afrikaans is Groot het ook die egpaar gelukgewens op sosiale media. “Baie geluk aan Bok van Blerk en sy vroutjie, Hanna Grobler, met die wonderlike nuus van julle babadogtertjie wat op pad is. Ons is baie opgewonde saam met julle.”

Dit is nie bekend wanneer die baba haar opwagting sal maak nie.

Hanna Grobler het Dinsdag dié foto op Instagram gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.