Bok se Hanna maak oop oor nuwe baba

Hanna Grobler het dié foto van haar en baba Papillon op sosiale media gedeel. (Foto: Facebook/Hanna Grobler)

Bok van Blerk en Hanna Grobler het Sondag bekend gemaak dat hulle op 21 September vanjaar ʼn babadogtertjie ryker geword het.

Grobler het die nuus op sosiale media gedeel en gesê die dogtertjie heet Papillon Anna Pepler. Volgens Grobler se inskrywing is sy op 21 September om 16:00 met ʼn keisersnee in die lewe gebring.

Sy het in haar inskrywing verduidelik dat sy voor die geboorte gereeld gemonitor is aangesien haar en Van Blerk (wie se regte naam Louis Pepler is) se oudste seuntjie, Louis, in April 2015 doodgebore is.

“Papillon is op 37 weke uitgehaal omdat sy klein was en die dokter bang was sy tel te stadig gewig op. My moedersinstink het geweet sy is fine, en sy was. Maar ek was nie [sic],” het Grobler geskryf.

“Die oggend het ek gevoel dis dalk die laaste keer wat ek my kindertjies sou sien. Ek het vir hulle briefies gelos om te sê ek’s lief vir hulle.”

Die egpaar het ook ʼn seuntjie, Samuel, wat in Desember 2016 gebore is, en ʼn dogtertjie, Yamila, wat in Mei 2018 gebore is.

“Tydens die keiser wou die spinaal nie werk nie en hulle was gedwing om vir my narkose te gee. Ek het gevoel Jesus kom sit langs my bed. Hy het niks gesê nie, net daar gesit en aan my hare gevat.

“Toe die dokter my oopsny het sy gesien ek het plasenta increta – ʼn lewensgevaarlike kondisie waar jy op die ou end kan dood bloei,” het Grobler, ook ʼn kranige kunstenares en uitvoerende hoof van die Hanna Charity and Empowerment Fund, verder verduidelik.

Volgens haar kon sy ná die geboorte nie asem kry nie en het sy liters bloed verloor. “Meer as wat mens kan oorleef, maar Jesus het langs my bed gesit en ek weet Hy het my lewe gered. Hoekom complicate ons Hom so? Geen raaisels of woorde, geen dieper betekenis nie. Hy was net dáár, want God is liefde,” het sy geskryf.

“Ons het die grootste geskenk gekry, ʼn nuwe klein lewe en ʼn tweede kans vir my. As ek na my man en my kinders kyk dan loop die trane. Ek is dankbaar.”

Grobler het in Mei vanjaar bekend gemaak dat sy swanger is met ʼn dogtertjie deur ʼn foto op Instagram te deel van pienk confetti wat om haar voete gestrooi is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tanya

Ai liefste Hanna, jy het beslis ‘n tweede kans op lewe gekry om ‘n Mamma vir jou 3 babatjies te wees en ‘n liefdevolle vroutjie vir Bok, geniet elke oomblik, dis die klein goedjies wat tog so belangrik is!

Swerwer

Baie Geluk!

Martie

Aw Louis en Anna, baie geluk met die geboorte van jul dogtertjie!

Skappie

Ja, die Liewe Heer was baie goed vir jou gewees. Baie geluk aan julle twee. Geniet die kindertjies, hulle is ‘n geskenk van bo.

Kiewiet

Liewe Hanna jy is so n pragtige mensie Baie geluk met julle liewe kleine mensie..eks so bly Jesus was daar by jou en jou lewe gespaar want daar is nog so baie mense wat jou sprankelende menswees moet ervaar.
Baie liefde geniet jou man en kinders