Die Afrikaanse sanger Bok van Blerk en sy vrou, Hanna Grobler, se tweede kind is gebore.
Hanna het ʼn foto van haar en die nuweling op haar Instagram-rekening gepubliseer. “#todaymybestfriendwasborn#grateful” het sy geskryf.
Die egpaar se eersteling, Samuel, is op 19 Desember 2016 gebore.
Van Blerk (Louis Pepler) en Grobler het in April 2015 ʼn kind verloor – ʼn seuntjie wat doodgebore is.
Die sanger is hoofsaaklik bekend as sanger en akteur, en Grobler as aktrise en die uitvoerende hoof van die Hanna Charity and Empowerment Foundation, ʼn liefdadigheidsorganisasie wat hom toespits op die bekamping van armoede.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Mei 2015! Ek weet. Want ek was saam haar in die hospitaal.
Hierdie is dus hul derde kind. Moet nie die eerste een mis of ontken nie.
n Dogtertjie dalk as ek kyk na die kombersie. Baie geluk
Wonderlik en baie geluk.
Bje geluk aan jle 2,hope blessings vreugde en geluk word jle toegewens