Bondeltjie vreugde vir Bok en Hanna

Hanna Grobler en haar en Bok van Blerk se bondeltjie vreugde (Foto: Instagram)

Die Afrikaanse sanger Bok van Blerk en sy vrou, Hanna Grobler, se tweede kind is gebore.

Hanna het ʼn foto van haar en die nuweling op haar Instagram-rekening gepubliseer. “#todaymybestfriendwasborn#grateful” het sy geskryf.

Die egpaar se eersteling, Samuel, is op 19 Desember 2016 gebore.

Van Blerk (Louis Pepler) en Grobler het in April 2015 ʼn kind verloor – ʼn seuntjie wat doodgebore is.

Die sanger is hoofsaaklik bekend as sanger en akteur, en Grobler as aktrise en die uitvoerende hoof van die Hanna Charity and Empowerment Foundation, ʼn liefdadigheidsorganisasie wat hom toespits op die bekamping van armoede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nikkie ·

Mei 2015! Ek weet. Want ek was saam haar in die hospitaal.

Sune van Heerden ·

Dagsê Nikkie

Die datum is 29 April. Hanna het vanjaar op 29 April ‘n foto gedeel en genoem dat hul seuntjie op daardie dag sy derde verjaarsdag sou gevier het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lukas van Zyl ·

Hierdie is dus hul derde kind. Moet nie die eerste een mis of ontken nie.

Ronelle ·

Bje geluk aan jle 2,hope blessings vreugde en geluk word jle toegewens

So bly vir jul ·

Ek is sooo bly vir jul, In 2015 het ek julle opgedra net soos wat opgedra was, en is ons nie geseend nie, mag hierdie bondeltjies wat aan julle toevertrou is, groot vreugde en liefde bring. My “bondeltjies” is noual groot en soos ek die berig lees, besef ek hoeveel genade dit was. Geniet die babatjie en alles daarmee saam.

Linda ·

Wie is nou so dom, wat maak dit saak of dit April of Mei 2015 is toe hierdie paartjie se eerste kind dood gebore is, dit het ons geruk !!! My eerste kind ook dood. Vandag is ek bly dat die Here hul geseen het met nig n kindjie, n sussie vir die boetie. Ek het ook 3 kinders na my eerste kind gehad en ek verafgod hulle. Baie geluk !!!

My mening ·

Ai, tog! Weer net die kind se agterkop en swyg oor die geslag. Ek wonder partykeer hoekom party bekendes so baie van hulself dink en wil optree soos die baie meer bekendes (en berugtes!) van Hollywood. En dis gewoonlik die wat minder bekend, bemind en beroemd is (bv die Panagio’s, Riana Nel, Karlien en Bobby van Jaarsveld, ens, ens) wat soos wafferse Kardashians optree. Ja, ek weet hulle se altyd dat dit hul kind se keuse moet wees of hulle bekend wil wees of nie, maar regtig, dink net so bietjie minder van jouself. Of doen hulle dit juis vir ekstra publisiteit?

Cheryl ·

Wonder ook hoekom dit nie genoem word of dit ‘n seuntjie of dogtertjie is nie-wat se verskil gaan dit maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.