Brad en Angelina gaan skei

Angelina Jolie en Brad Pitt. Foto: Charles Sykes/Invision/AP, File

Angelina Jolie en Brad Pitt. Foto: Charles Sykes/Invision/AP, File

Een van Hollywood se glansrykste egpare se huwelik is op die rotse.

CNN berig Angelina Jolie het aansoek gedoen om van haar man, Brad Pitt, te skei. Die akteursegpaar is in 2014 getroud. Die twee het glo in 2004/05 in ʼn verhouding betrokke geraak met die verfilming van Mr & Mrs Smith toe Pitt nog met die aktrise Jennifer Aniston getroud was. Pitt en Aniston is die volgende jaar geskei.

Jolie en Pitt het drie biologiese kinders en drie aangenome kinders. Hulle het in 2012 hul verlowing aangekondig en is in Augustus 2014 in Frankryk getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

MCS ·

Laaste paartjie wat ek dit van sou verwag het! Geld kan waaragtig nie liefde koop nie en als is duidelik nie net glits and glammer in tinsel town nie!

Tim ·

Fanie, kan seker nie skade doen om saam te kan praat as die familie kom kuier nie neh?

Sandra ·

The saying goes: the way you got your man is the way you loose your man. Glo beweer sy daar is ‘n ander vrou betrokke……

Elize ·

Dit is baie waar mens kan nie jou geluk op ‘n ander se ongeluk bou nie.

Sarie ·

Die Bybel sê jy bou nie jou geluk op iemand anders se ongeluk nie, en dit is wat hier gebeur het. Ek het vir haar geen simpatie nie, nog minder vir hom. Bly Jennifer is gelukkig getroud.

Arsèn Lupin ·

100 % reg Maria. What goes around comes around. Jammer daar is kinders betrokke. . .

Theresa B ·

Vreeslike vervelige nuus maar ja – jy kan nie jou geluk op ander se hartseer bou nie. Dit backfire altyd. Kry vir julle!!

charlene ·

Wow, kan jy nou meer. so jy kan nie jou geluk op ander se ongeluk bou nie. En lyk my al die geld in jou drome kan nie ware geluk koop nie.
Die wiel draai, stadig maar seker…..
Ek voel niks vir die 2 nie, vir die kinders kry ek jammer.
Hulle kry seker geld om te skei. Vrou is van plastic en man was nog nooit vir my mooi nie.
Jennifer is mooi, damm self Brintney Spears is mooier as die vrou (op een van haar goeie dae). Maar sal mens leer.
WAT is fout met Brad se oë op die foto????

Jakoba ·

Oee Charlene? Jy klink nou soos ‘n regte ou galpil. Angelina Jolie is beeldskoon, jy is vreeslik jaloers. Sjoe!

E.K. - ek sê net! ·

Jip, gee ook nou nie regtig om oor die hele storie nie, maar die Engelse gesegde van “what goes around, comes around” is waar. Die vrou het mos hoeka vir Brad by sy vorige vrou afgevry…

Anoniem ·

Sies kry jul nie skaam mense….Wie is ons te veroordeel…Julle het nie daai bootjie gery nie…..En dan is daar mense wat Angelinah slegse oor haar voorkoms….Kom 0ns wys eerder vinger na ons self en verbeter elkeen waar ons kan………

Amanda ·

Ek se ook Gaaaaaaaaaaapp…. mense skei elke dag en hulle haal nie nuus nie.

Johnny ·

Ek sou ook weggehardloop het as my vrou elke jaar ‘n kind aan neem, soveel om voor te sorg!

Denise ·

Ag tog hulle is vervelig sy wil die reels maak en Brad is nou seker moeg daarvan en om gedurig vir haar te smeek om tog net iets te eet ja sy is n mooi vrou maat net T benerig dit is nie gesond nie!!!

Chris ·

…..Lank, lank gelede was daar ‘n Pappa beer, ‘n Mamma beer en ‘n baba beer uit ‘n vorige huwelik…….

Mariaan ·

Mooi paartjie gewees….maar te veel geld en te veel kinders! Dit is al klaar nie n goeie resep nie! Ek dink wel die kids gaan fine wees….baie fame en aandag en liefde glo ek sal hul nogsteeds ontvang…en baie miljoene tussen mooie mamma en pappa…as hul in vrede kan skei…bly hul kids nogsteeds hul rykdom

Sus ·

Kyk na die foto…..dit sê alles. Hulle is ‘bederfde’ mense – so bietjie soos iets wat ‘af’gegaan het. Niks natuurliks nie. En hulle lewe is gebou op kommentaar soos wat hier gelewer word. Sad!……..

Anti-Chris ·

Ek kan net lag vir die jaloesie wat in hierdie kommintaar uitkom… Ek wil net graag vir die groen mannetjies en dames die volgende vra: Wat het julle bereik in die lewe? Wat het julle al vir die mensdom gedoen? Angelina Jolie is pragtig, seksie en suksesvol en sy doen meer as haar deel vir die mensdom. Sy is nie net ‘n mooi gesiggie nie, sy is bekend vir haar humanitêre werk, waarvoor sy al vele toekennings gekry het, sy was onder vele andere die eerste ontvanger van die “citizen of the world” toekenning. Ons het meer mense soos sy in hierdie wereld nodig…

Ag ASB ·

Ken jy haar persoonlik of het jy ook maar jou eie opinie oor haar opgemaak uit berigte en artikels wat jy van haar gelees het? Ons kan ook lag vir jou eensydige kommentaar, duidelik verlief op hierdie vrou so van ver af, goeie nuus vir jou, sy is weer beskikbaar, die vraag is net gaan sy in jou belangstel?

Denise ·

Ag asseblief tog Anti- Chris soms word iets sommer net grapendewys gese mens kan nie als ernstig opvat wat jy lees nie gun elkeen sy se elkgeval sy is nie die eerste vrou wat skei nie ook nie die laaste!!! Soos die engelse se What ever!!!

charmaine ·

ANGIE DOEN GOED,MAAR DIT VERGOED NIE VIR DIE FEIT DAT SY N GETROUD MAN AFGEVAT HET NIE EN NIE EEN OOMBLINK GEDINK HET HOE DIT SY VROU SOU RAAK,WAT SE DIT VAN HAAR AS MENS.

Pippa ·

Angelina bly nogsteeds n beeldskone vrou….my eie opinie…Brad is ook aantreklik…. of sy hom nou afgevry het by Jennifer of te not…IT TAKES TWO TO TANGO….nie net haar toedoen nie. Daar is baie huwelike wat wel suksesvol is al is die een party by n ander “afgevry”. Niemand behalwe hulself weet wat in hul huwelik skeefgeloop het nie…slegs bespiegelinge…nothing more…nothing less.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.