Die 21-jarige Afrikaanse sanger, Brendan Peyper, en sy spanmaat, Lisanne Lazarus, is as die wenners van vanjaar se Tropika Island of Treasure aangewys.
Sewe bekendes, wat Melinda Bam, Karabo Mogane en Tumi Voster ingesluit het, het in die agtste seisoen van dié gewilde reeks op die Maldive-eilandgroep meegeding om die prysgeld van R1 miljoen.
Tropika Island of Treasure bestaan uit ʼn stel moeilike uitdagings wat deelnemers se ratsheid, handvaardigheid, koördinasie, uithouvermoë en intelligensie tot die uiterste beproef. Dié reeks het op 5 Februarie op SABC 3 begin en het Maandagaand tot ʼn einde gekom.
Mooi so Brendan en Lisanne. Julle was van die begin af my gunstellinge. Julle het die program gemaak.
Jammer ek vra Maroela Media, het julle dalk bedoel Afrikaanse se sanger.
Dagsê Harry
Dankie vir jou valkoog. Die berig word gewysig.
Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media
Genade, die hele reeks gemis, so onwaar om te se ek het geen geluk nie.