Brendan Peyper en Kie. kraai koning in TV-reeks

Brendan Peyper en Lisanne Lazarus. Foto: Via @MyTropika / Twitter

Die 21-jarige Afrikaanse sanger, Brendan Peyper, en sy spanmaat, Lisanne Lazarus, is as die wenners van vanjaar se Tropika Island of Treasure aangewys.

Sewe bekendes, wat Melinda Bam, Karabo Mogane en Tumi Voster ingesluit het, het in die agtste seisoen van dié gewilde reeks op die Maldive-eilandgroep meegeding om die prysgeld van R1 miljoen.

Tropika Island of Treasure bestaan uit ʼn stel moeilike uitdagings wat deelnemers se ratsheid, handvaardigheid, koördinasie, uithouvermoë en intelligensie tot die uiterste beproef. Dié reeks het op 5 Februarie op SABC 3 begin en het Maandagaand tot ʼn einde gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gunstellinge ·

Mooi so Brendan en Lisanne. Julle was van die begin af my gunstellinge. Julle het die program gemaak.

Harry ·

Jammer ek vra Maroela Media, het julle dalk bedoel Afrikaanse se sanger.

Phillip ·

Dagsê Harry

Dankie vir jou valkoog. Die berig word gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Andile ·

Genade, die hele reeks gemis, so onwaar om te se ek het geen geluk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.