Britney Spears verwag pienkvoet

Britney Spears in Julie 2019. (Foto: Valerie Macon/AFP)

Britney Spears, wat reeds ma is van twee tienerseuns, en haar verloofde, Sam Asghari, het pas bekend gemaak dat hulle binnekort met ’n laatlam gaan spog.

“Uhhhhh wel … ek gaan ’n baba hê,” lui ’n inskrywing wat die 40-jarige popsanger op haar Instagram-blad geplaas het.

Sy het in die plasing, waar sy na Asghari as haar man verwys, genoem dat sy dankbaar is dat sy nie die pyn wat met swangerskap gepaard gaan ’n geheim hoef te hou nie.

Bekendes soos Paris Hilton en Selma Blair het die paar gelukgewens met die aankondiging.

Asghari het op sy eie Instagram-blad geskryf dat hy uitsien na vaderskap.

“’n Huwelik en kinders is ’n natuurlike deel van ’n sterk verhouding wat gevul is met liefde en respek. Ek het nog altyd uitgesien na pa-wees en ek neem dit nie ligtelik op nie. Dit is die belangrikste werk wat ek ooit sal doen.”

Spears se 13 jaar lange voogdyskap is in November 2021 beëindig.

Tydens ’n verhoor oor die einste voogdyskap in Junie verlede jaar, het Spears haar uitgespreek daarteen en dit duidelik gemaak dat sy graag nog ’n kind sal wil hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KatjieDeKat ·

Baie geluk Britney! Jy het wel n lewe van roem gehad maar jy het ook maar jou deel van stres en ongelukkigheid gehad. Geniet jou laatlam en ek wens jou vrede en geluk vir jou toekoms!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.