Britse koninklikes waarsku oor onvanpaste kommentaar

Catherine, die hertogin van Cambridge. (Foto: Instagram via Kensington Royal)

Catherine, die hertogin van Cambridge. (Foto: Instagram via Kensington Royal)

Lasterlike kommentaar oor die Britse koninklikes kan sosialemediagebruikers moontlik vervolging op die hals haal nadat die koninklike familie Maandag gesê het hy behou die reg voor om onvanpaste kommentaar aan wetstoepassingowerhede te oorhandig.

Die koninklike familie het pas ʼn stel riglyne bekend gestel in reaksie op die stortvloed kritiek en beledigings waaronder die hertoginne Catherine en Meghan op sosiale media deurloop. Luidens ʼn mediaverklaring is dié riglyne vir die miljoene sosialemediagebruikers wat die koninklikes op Facebook, Twitter en Instagram volg.

Catherine en Meghan, wat onderskeidelik met prinse William en Harry getroud is, loop behoorlik op sosialemediaplatforms deur met gebruikers wat alles van hul kleredrag tot hul uitsprake kritiseer. Volgens berigte het die twee hertoginne selfs al gewelddadige dreigemente ontvang.

Meghan, die hertogin van Sussex. (Foto: Instagram via Kensington Royal)

Meghan, die hertogin van Sussex. (Foto: Instagram via Kensington Royal)

CNN berig baie van die neerhalende kommentaar teenoor dié twee koninklikes is seksisties en daar word selfs skreiende rassistiese kommentaar oor Meghan, wat in Mei verlede jaar deel van die koninklike gesin geword het, gelewer.

Volgens die verklaring wat deur die koninklikes uitgereik is, is dié riglyne daargestel om te verseker dat gebruikers in ʼn veilige omgewing kommentaar kan lewer, vrae kan vra en voorstelle kan maak.

“Ons vra dat diegene wat gebruik maak van ons sosialemediakanale hoflikheid, vriendelikheid en respek sal toon teenoor al die ander lede van ons sosialemediagemeenskappe,” lui die verklaring.

Die volgende riglyne is deur die koninklikes opgestel:

Kommentaar moenie:

gemorspos bevat, lasterlik teenoor enige ander persoon wees, ander mislei, onwelvoeglik, beledigend, dreigend, haatlik, aanhitsend wees of seksueel-eksplisiete materiaal of geweld bevorder nie;

diskriminasie gebaseer op ras, geslag, godsdiens, nasionaliteit, gestremdheid, seksuele oriëntasie of ouderdom bevorder nie;

enige van die bepalings van enige van die sosialemediaplatforms self skend nie;

nie ter sake, irrelevant of onverstaanbaar wees nie en

enige advertensiemateriaal bevat of enige dienste bemark nie.

Luidens die verklaring behou die koninklikes ook die reg voor om na hul eie diskresie te besluit of bydraes op hul sosialemediaplatforms oortree word. Hulle behou ook die reg om kommentare te versteek of te verwyder of om gebruikers toegang te weier wat nié die riglyne gehoorsaam nie.

“Ons behou ook die reg voor om enige kommentaar, wat ons as toepaslik beskou vir ondersoek, aan wetstoepassingsowerhede te stuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

John ·

Mag daar nog gepraat word oor die operasies wat nou glo die adelikes oa aan hul gesigte ondergaan het om neuse ens meer kamera-vriendelik te maak of moet daar net bewondering uitgespreek word oor die skielike verkleining van die neuse van die twee dames en die vergroting van sekere liggaamsproporsies. Die Britse koningshuis wil darem net te graag die wonderlikste van alle adelikes wees. Destyds… baie destyds toe queen Charlotte, die glo Afro-adelike wat via Europa, uiteindelik koningin Elizabeth se agter-agter-grootjie geword het, is haar skilderye volgens opdrag gedokter om meer by die Britse beeld in te pas. Niks het sedertdien verander nie…

Anoniem ·

John,
nie een van hierdie twee dames het ‘n neus operasie of enige plastiese chirugie gehad nie. Hulle gesigte verander wel soos enige normale mens se gesig verander wanneer jy gewig verloor of optel

Amanda ·

Is die riglyne nie maar op toepassing vir alle vlakke van die samelewing nie hetsy koninklike of gewone mense nie?

Madeleine ·

Dis baie wys van hulle. Sosiale media is die toilet van die internet.

Elvira ·

Presies. Die media het ook baie te se. Maak nie saak watse klere hulle dra nie, die pryse van die handsakke, skoene, rokke, jasse ens word altyd genoem. Soooooo pateties.

John ·

Mag daar nog gepraat word oor die operasies wat die nou glo twee adelikes oa aan hul gesigte ondergaan het om neuse ens meer kamera-vriendelik te maak of moet daar net bewondering uitgespreek word oor die skielike verkleining van die neuse van die twee dames en die vergroting van sekere liggaamsproporsies. Die Britse koningshuis wil darem net te graag die wonderlikste van alle adelikes wees. Destyds… baie destyds toe queen Charlotte, die glo Afro-adelike wat via Europa, uiteindelik koningin Elizabeth se agter-agter-grootjie geword het, is haar skilderye volgens opdrag gedokter om meer by die Britse beeld in te pas. Niks het sedertdien verander nie…

Annapatat ·

Nee. Los hulle uit. Veral ons in SA. Het ons nie genoeg om oor tekere te gaan nie?

Ai ·

John jy is sooooooooo desperaat om gehoor te word. Wat se verskil maak dit of iemand neuse verander of borste verander? Is jy jaloers??

Pieter ·

Kom ons wees reguit, nommer een is 100! nommer twee is my lippe gezip, dan kry jy nie ‘n piep uit my nie.

koos1 ·

Ons wil in die openbare kollig lewe, maar wil nie aan die gewone man op straat blootgestel word nie. Klink soos ‘n Franse koningin tydens ‘n revolusie, en ons weet almal waar haar kop geland het!!!

Danie ·

Die foto’s van die troue en hierdie foto in die berig van Meghan verskil soveel dat ek gewonder het of dit dieselfde persoon is.

alida ·

Met wie kan ons in SA tog spog. Ek praat nou van hoe bome in die parlement ens. Noem tog ‘n paar name dan kan ons daaroor debatteer.

Waarheid1 ·

Lyk my die lot is bang vir opinie?
Hulle is ook nie nuus werd nie.
Waarom die lot aanmekaar in ons kele afdruk deur die media wonder ek.
Is daar nie beter nuus nie?
Ek voel n veer vir die Britte.
Vergeet van hulle.
Die Britte maak orals droog.Hier ook.

Abe ·

Waarheid1
Jou beeldspraak gaan nie goed af nie. Hoe op aarde kan die Britse koningshuis in iemand se keel afgedruk word deur die media?
Dis vir my nogal goed om van Kate en Megan te lees, en daardie foto’s! Kyk mou weer die pragtige foto’s by hierdie berig! Vergelyk dit nou met die beste foto’s van ons eie celebs wat ons mee kan spog. Ag nee wat; die Engelse is maar mooi mense. Kyk nou net vir Kate daar!

Alida ·

Stem saam Abe mooi was nog nooit lelik nie ne. Kate is beeldskoon en Megan baie mooi. Waarmee spog ons?

Abe ·

Alida,
Ons het darem vir Charlize Theron, maar sy is amper nie meer ons s’n nie…. dan is daar Lindiwe…. nou het ek my amper al in die moeilikheid ingepraat.

Pieter ·

Die media plaaslik, is dit net die Afrikaanse, of verbeel ek my (het seker maar ‘n sagte plekkie vir die bleekbene) wat veral nommer twee soos ‘n nommer een wil laat lyk, nou en dan berig hulle oor nommer een en dan lyk nommer twee na ‘n nommer drie.

Theresa ·

Bla, bla, bla, bla ……………………………………….

Hennie ·

Los hulle uit hulle is nie deel van ons lewe hier in SA nie ons het nie nodig om voor hulle te buig nie dink terug aan die verlede wat het hulle nasie aan ons gedoen wit en swart .

Frans C ·

Lyk my noudat daar uiteindelik ‘n bietjie kleur in die koninklike familie is dit nie by almal byval vind nie.

Pieter ·

Die media plaaslik, is dit net die Afrikaanse, of verbeel ek my (het seker maar ‘n sagte plekkie vir die bleekbene) wat veral nommer twee soos ‘n nommer een wil laat lyk, nou en dan berig hulle oor nommer een en dan lyk nommer twee na ‘n nommer drie.

lanie ·

Kate sy is n regte koniging, maar die ander een moes dalk maar eerder n movie star moes gebly het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.