Britse koninklikes waarsku oor onvanpaste kommentaar

Catherine, die hertogin van Cambridge. (Foto: Instagram via Kensington Royal)

Catherine, die hertogin van Cambridge. (Foto: Instagram via Kensington Royal)

Lasterlike kommentaar oor die Britse koninklikes kan sosialemediagebruikers moontlik vervolging op die hals haal nadat die koninklike familie Maandag gesê het hy behou die reg voor om onvanpaste kommentaar aan wetstoepassingowerhede te oorhandig.

Die koninklike familie het pas ʼn stel riglyne bekend gestel in reaksie op die stortvloed kritiek en beledigings waaronder die hertoginne Catherine en Meghan op sosiale media deurloop. Luidens ʼn mediaverklaring is dié riglyne vir die miljoene sosialemediagebruikers wat die koninklikes op Facebook, Twitter en Instagram volg.

Catherine en Meghan, wat onderskeidelik met prinse William en Harry getroud is, loop behoorlik op sosialemediaplatforms deur met gebruikers wat alles van hul kleredrag tot hul uitsprake kritiseer. Volgens berigte het die twee hertoginne selfs al gewelddadige dreigemente ontvang.

Meghan, die hertogin van Sussex. (Foto: Instagram via Kensington Royal)

Meghan, die hertogin van Sussex. (Foto: Instagram via Kensington Royal)

CNN berig baie van die neerhalende kommentaar teenoor dié twee koninklikes is seksisties en daar word selfs skreiende rassistiese kommentaar oor Meghan, wat in Mei verlede jaar deel van die koninklike gesin geword het, gelewer.

Volgens die verklaring wat deur die koninklikes uitgereik is, is dié riglyne daargestel om te verseker dat gebruikers in ʼn veilige omgewing kommentaar kan lewer, vrae kan vra en voorstelle kan maak.

“Ons vra dat diegene wat gebruik maak van ons sosialemediakanale hoflikheid, vriendelikheid en respek sal toon teenoor al die ander lede van ons sosialemediagemeenskappe,” lui die verklaring.

Die volgende riglyne is deur die koninklikes opgestel:

Kommentaar moenie:

gemorspos bevat, lasterlik teenoor enige ander persoon wees, ander mislei, onwelvoeglik, beledigend, dreigend, haatlik, aanhitsend wees of seksueel-eksplisiete materiaal of geweld bevorder nie;

diskriminasie gebaseer op ras, geslag, godsdiens, nasionaliteit, gestremdheid, seksuele oriëntasie of ouderdom bevorder nie;

enige van die bepalings van enige van die sosialemediaplatforms self skend nie;

nie ter sake, irrelevant of onverstaanbaar wees nie en

enige advertensiemateriaal bevat of enige dienste bemark nie.

Luidens die verklaring behou die koninklikes ook die reg voor om na hul eie diskresie te besluit of bydraes op hul sosialemediaplatforms oortree word. Hulle behou ook die reg om kommentare te versteek of te verwyder of om gebruikers toegang te weier wat nié die riglyne gehoorsaam nie.

“Ons behou ook die reg voor om enige kommentaar, wat ons as toepaslik beskou vir ondersoek, aan wetstoepassingsowerhede te stuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
John

Mag daar nog gepraat word oor die operasies wat nou glo die adelikes oa aan hul gesigte ondergaan het om neuse ens meer kamera-vriendelik te maak of moet daar net bewondering uitgespreek word oor die skielike verkleining van die neuse van die twee dames en die vergroting van sekere liggaamsproporsies. Die Britse koningshuis wil darem net te graag die wonderlikste van alle adelikes wees. Destyds… baie destyds toe queen Charlotte, die glo Afro-adelike wat via Europa, uiteindelik koningin Elizabeth se agter-agter-grootjie geword het, is haar skilderye volgens opdrag gedokter om meer by die Britse beeld in te pas. Niks het… Lees meer »

Amanda

Is die riglyne nie maar op toepassing vir alle vlakke van die samelewing nie hetsy koninklike of gewone mense nie?

Madeleine

Dis baie wys van hulle. Sosiale media is die toilet van die internet.

John

Mag daar nog gepraat word oor die operasies wat die nou glo twee adelikes oa aan hul gesigte ondergaan het om neuse ens meer kamera-vriendelik te maak of moet daar net bewondering uitgespreek word oor die skielike verkleining van die neuse van die twee dames en die vergroting van sekere liggaamsproporsies. Die Britse koningshuis wil darem net te graag die wonderlikste van alle adelikes wees. Destyds… baie destyds toe queen Charlotte, die glo Afro-adelike wat via Europa, uiteindelik koningin Elizabeth se agter-agter-grootjie geword het, is haar skilderye volgens opdrag gedokter om meer by die Britse beeld in te pas. Niks… Lees meer »

Denise

Hoe bome van die meeste wind !!!!!