Bruce Springsteen se grootwordhuis verkoop

Bruce Springsteen (Foto: Instagram)

Een van die huise waarin die Amerikaanse rocker Bruce Springsteen grootgeword het, is vir $255 000 (ongeveer R3,4 miljoen) verkoop.

Springsteen (68) en sy gesin het van 1955 tot 1962 in die linkerkant van dié huis in Freehold, New Jersey, gewoon. Springsteen, ook bekend as “The Boss”, skryf in sy outobiografie dat hy onthou hoe hy as sewejarige daar gewoon het en in 1956 na Elvis Presley op The Ed Sullivan Show gekyk het.

Asbury Park Press berig dat die huis, wat in 1905 gebou is, in November 2017 in die mark gesit is vir $269 900.

Die Springsteen-gesin het ook in twee ander huise in Freehold gewoon totdat Springsteen sy ouerhuis in 1969 verlaat het om sy pad na roem te bou, terwyl sy ouer en jonger susters na Kalifornië verhuis het.

Springsteen verwys in sy liedjie “Born to Run” na sy tyd in Freehold. “Die dorp, mý dorp, sal my nooit verlaat nie, en ek kan dit ook nooit heeltemal agterlaat nie, maar ek sal nooit weer in Freehold woon nie,” het hy geskryf.

Springsteen het ook met goeie herinneringe na Freehold verwys in Springsteen on Broadway, sy solo-optrede op Broadway wat tot die einde van verlede maand te sien was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Amanda ·

Mal oor hom maar weet nou nie wat het dir met ons te doen nie.

Gerhard Burger ·

Dan het Clooney se ongeluk in Italië, en so baie ander artikels wat hier verskyn ook niks met ons te doen nie. Die artikels wat hier geplaas word kan tog nie net tot kosbesprekings en veral Suid-Afrikaanse politiek en misdaad ens beperk word nie! ‘n Bietjie wyer leesgoed is ook goed. Maroela doen dit goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.