Candice Swanepoel wys haar pienkvoet

Klein Anacã (Foto: Instagram)

Klein Anacã (Foto: Instagram)

Die Suid-Afrikaanse supermodel, Candice Swanepoel, het Sondag ʼn skattige foto van haar babaseuntjie op sosiale media gedeel.

Candice (27) en haar verloofde, Hermann Nicoli, het Saterdag vir klein Anacã in die wêreld verwelkom.

Die model, wat veral bekend is as onderkleremodel vir Victoria Secret, het behoorlik op sosiale media gekoer.

“Die lewe is wonderlik,” het sy by die foto van haar seuntjie geskryf.

Candice se modelvriendin, die Namibiese skoonheid Behati Prinsloo, en haar man, die Amerikaanse sanger Adam Levine, het ook onlangs hul eersteling verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.