Chad le Clos deel hartseer nuus

Chad le Clos en sy gesin (Foto: www.chadleclos.com)

Chad le Clos en sy gesin (Foto: www.chadleclos.com)

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer, Chad le Clos, het Maandagoggend in ʼn verklaring gesê beide sy ouers veg teen kanker.

Hy neem in Augustus vanjaar aan die Olimpiese Spele in Rio deel.

Die swemmer het in ʼn verklaring uitgebrei oor sy ouers se gesondheid. “My ma, Geraldine, se borskanker is terug, nadat sy sedert 2010 in remissie was. Sy het onlangs ʼn dubbele mastektomie ondergaan en kry tans chemoterapie. Bert, my pa, het prostaatkanker en is einde Junie geopereer,” het hy in die verklaring gesê.

Le Clos sê dit is ʼn moeilike tyd vir sy gesin, maar hy oefen steeds hard vir die Olimpiese Spele. “Ek wil meer as enigiets anders hê dat hulle die stryd teen kanker moet wen. Intussen oefen ek hard vir die spele en hoop hulle kan daar wees later vanjaar.”

Hy het ook die media gevra om die gesin se privaatheid te respekteer. “Ek vra die media om hul herstelproses te respekteer. Ek gaan ook nie enige onderhoude toestaan nie.”

Le Clos het wêreldbekend geraak nadat hy die wêreldrekordhouer, Michael Phelps, in die 200 meter vlinderslag uitgestof het in 2012.

Hy het onder meer goue medaljes in die Olimpiese en Statebondspele behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

pop ·

Baie sterkte vir jou gesin Chad. Gaan maak hulle trots op die spele.

WeesWys ·

Jou ouers is in ons gebede, Chad. Jy is ons almal se seun. Sterkte. Trots op jou!

Trados ·

Dis nie goeie nuus nie, Chad. Maar wees positief en hou moed. Ekself is met dieselfde probleem as jou pa gediagnoseer in 2008 en ontvang sedertdien behandeling daarvoor. Was in remissie van toe af, maar dit het weer kop uitgesteek in Januarie vanjaar en is tans weer onder behandeling. Onder omstandighede gaan dit baie goed met my. Sterkte ook vir julle almal.

Ansie Geldenhuys ·

Ek voel bitter hartseer vir julle Chad. Daar is ‘n doel met alles. Laat die omstandighede jou positief inspireer. Ons dra jou enjou familie op aan die Hoer Hand. Sterkte’

Genade en krag ·

Chad & familie jou aangename nederige jong man, superster swemmer, ek bid vir julle gesin, glo en vertrou en oefen jou swem, seun as jy jou pyn wegswem sal dit met jou goedgaan in Rio en dit sal vreugde midde in die hartseer bring. Pa & Ma sterkte met behandeling, mag jul genoeg kragte herwin om September in Rio te wees. Julle kan so trots wees hy is goed groot gemaak, ek het hom vinnig in Congo ontmoet toe hy hy Brazzaville se swembad ‘n nuwe naam gegee het, Nkosi sikelela dam, ons het uit volle bors saamgesing en ek glo die res van Afrika ken ook die volkslied na die All African games!!!!! Bly jou nederige self seun.

Eliza-beth ·

Ai, so jammer om hiervan te hoor maar ek wens albei sterkte toe. Chad jy is so ‘n inspirasie, ons dink almal aan julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.