Chris Chameleon en sy Daniella trou

Chris en Daniella het dié saamgestelde grafika, wat hulle as pasgetroude egpaar op prettige wyse uitbeeld, gedeel. (Foto: Facebook)

Chris en Daniella het dié saamgestelde grafika, wat hulle as pasgetroude egpaar op prettige wyse uitbeeld, gedeel. (Foto: Facebook)

Die bekende musikant en kunstenaar Chris Chameleon is die afgelope naweek met Daniella Deysel, sy jarelange vriendin en sangmaat, in die eg verbind.

Die gewilde sangpaar het Sondag die nuus van hul troue op sosiale media aangekondig. “Ek is gister met dié oulike dork getroud,” het Deysel op haar Facebook-blad by ‘n foto van Chameleon gekoer.

Hulle het ook saamgestelde grafika, wat hulle as pasgetroude egpaar op prettige wyse uitbeeld, gedeel. Chameleon het op sy beurt op sy Instagram-profiel ʼn foto gedeel van ʼn skets wat gemaak is deur Vos&Ink van hom en Deysel as getroude paar.

Talle sosialemediagebruikers het die pasgetroudes gelukgewens met die goeie nuus.

Die paartjie, wat saam groot sukses behaal het met hul Sama-benoemde album Posduif, wat in 2014 uitgereik is, het in Mei vanjaar hul verlowing in egte Chameleon-styl aangekondig met ʼn eksentrieke video.

Chameleon is ook vanjaar met ʼn Ghoema-toekenning as beste sololiedjieskrywer vereer.

ʼn Skets wat gemaak is deur Vos&Ink van Chameleon en Deysel as getroude paar. (Foto: Instagram)

ʼn Skets wat gemaak is deur Vos&Ink van Chameleon en Deysel as getroude paar. (Foto: Instagram)

 

hy het kom vra:

Posted by Daniella Deysel on Wednesday, May 16, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

A ·

Baie geluk! Mag julle ‘n baie lang en gelukkige lewe saam hê.

jean ·

Geluk! Net jammer ek kan nie die rol vergeet wat sy in Sewende Laan speel en gespeel het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.