Die bekende musikant en kunstenaar Chris Chameleon is die afgelope naweek met Daniella Deysel, sy jarelange vriendin en sangmaat, in die eg verbind.
Die gewilde sangpaar het Sondag die nuus van hul troue op sosiale media aangekondig. “Ek is gister met dié oulike dork getroud,” het Deysel op haar Facebook-blad by ‘n foto van Chameleon gekoer.
Hulle het ook saamgestelde grafika, wat hulle as pasgetroude egpaar op prettige wyse uitbeeld, gedeel. Chameleon het op sy beurt op sy Instagram-profiel ʼn foto gedeel van ʼn skets wat gemaak is deur Vos&Ink van hom en Deysel as getroude paar.
Talle sosialemediagebruikers het die pasgetroudes gelukgewens met die goeie nuus.
Die paartjie, wat saam groot sukses behaal het met hul Sama-benoemde album Posduif, wat in 2014 uitgereik is, het in Mei vanjaar hul verlowing in egte Chameleon-styl aangekondig met ʼn eksentrieke video.
Chameleon is ook vanjaar met ʼn Ghoema-toekenning as beste sololiedjieskrywer vereer.
Baie geluk! Mag julle ‘n baie lang en gelukkige lewe saam hê.
Baie geluk!!!
Baie geluk, pas mekaar mooi op en wees baie gelukkig saam!
Geluk! Net jammer ek kan nie die rol vergeet wat sy in Sewende Laan speel en gespeel het
Geluk julle!
baie geluk