Chris Chameleon word stilletjies pa

Chris Chameleon en sy vrou, Daniella, het Woensdagoggend vir die eerste keer ouers geword. Dit was nie algemeen bekend dat Daniella swanger was nie.

Chris het die nuus vandag op Facebook bevestig nadat hy almal in hul binnekringe laat weet het.

“[Woensdagoggend] om 07:25 het ek en Daniella vir die eerste keer ouers geword. Haar naam is Lente. Sy is nuuskierig, gesond en rustig,” het hy geskryf.

Chris en Daniella het verlede jaar getrou en het vroeër ook ʼn album saam uitgebring.

Chris Chameleon se vrou, Daniella Deysel (Foto: Facebook)

Chris het geskryf dat Lente haar ma se mond het, maar geskerts dat sy ongelukkig haar pa se tone gekry het.

Volgens Chris se inskrywing het Daniella volkome natuurlik lewe geskenk, “sonder noodsaak of enige ingryping”.

“Ons loop oor van dankbaarheid teenoor ons Skepper vir sy beskerming en seën.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ore ·

Of ons in hom belangstel of nie,hy en sy vrou is nie op elke voorblad soos van ons ander kunstenaars nie. Ek respekteer hom vir dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.