Corlea breek stilte oor foto

Corlea Botha. (Foto: Francois Olivier Photography via Facebook/Corlea Botha)

Corlea Botha. (Foto: Francois Olivier Photography via Facebook/Corlea Botha)

Corlea Botha, die gewilde Afrikaanse sangeres wat vroeër vandeesweek sosialemedia‑gebruikers en aanhangers geskok het met ʼn foto waar dit blyk dat sy aangerand is, het Donderdagmiddag haar stilte oor dié foto verbreek.

“Hy het belowe hy sal nie weer nie…” het die “Breek my hart”-sangeres by die oorspronklike plasing geskryf. “Miskien moes ek net stilgebly het…” lui dié inskrywing verder.

Sy het Maandag deur haar woordvoerder, Johan C. Venter, laat hoor “dat daar meer in die storie steek as wat Botha op sosiale media verklap het.”

Botha het Donderdag in haar jongste inskrywing op sosiale media gesê sy was voorheen in ʼn verhouding wat deur misbruik gekenmerk is en dat sy haar tyd geneem het om te besluit hoe sy dit wil deel.

“Ná baie oorweging het dit in die vorm van ʼn nuwe lied gekom. Dit is hoekom ek “Bittersoet” by Afrikaans is Groot gesing het laasjaar – dit was die begin van my missie [sic],” het sy geskryf.

Die foto wat Corlea Botha Maandag op sosiale media geplaas het. (Foto: Facebook via Corlea Botha)

Die foto wat Corlea Botha Maandag op sosiale media geplaas het. (Foto: Facebook via Corlea Botha)

Daar was heelwat bespiegeling dat die foto nie eg is nie en dat die blouoog en kneusplekke aan haar nek en skouers grimering is vir ʼn bewusmakingsfoefie, wat hewige kritiek teenoor die sangeres onder sosialemedia‑gebruikers ontlok het.

“Heel eerste, is ek ʼn vrou. Tweedens, is ek ʼn kunstenaar. As ek nie my stem en kuns kan gebruik om bewusmaking te skep rondom ʼn onderwerp waarin ek glo nie, voel dit of ek my doel in die lewe mis,” het sy geskryf.

Sy het bygevoeg dat sy Vrydag ʼn inisiatief van stapel sal stuur om uit te reik na ander vrouens wat hulself in dieselfde situasie bevind of bevind het en hulp aan hulle te bied.

“As ek slegs een vrou se lewe kan aanraak, haar eie waarde en menswees vir haar kan teruggee, sal dit alles die moeite werd wees. Ek het reeds my vryheid teruggewen – ek gun dit vir elke ander persoon!”

Sy het afgesluit deur te sê haar sosialemedia‑profiele kan dopgehou word vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

105 Kommentare

Mags ·

Jy is baie dapper en ek is trots op jou. Hoop Ander mense sien jou goeie bedoeling raak. Mishandling is n baie groot realiteit vir baie Vroue wat baie hartseer is

Johan Venter ·

@mags… Jy besef dis goedkoop reklame vir haar, en ek kan jou WAARBORG dat sy nog nooit deur so iets is as wat op haar fototjie reflekteer word nie. EK word woedened en verloor dit as ek sulke gevalle al teegkom het met mense wat ek ken. Sy kon haar liedjie verwerk het, ‘n video laat maak het met ‘n scene soos dit in en dit sou die boodskap oorgedra het. Maar om LAME gat sosiale posts te maak met (eintlike bitter swak amateur grimering) en 48 uur sit en lees hoe DUHramatiese boodskappe van medelye instroom? Rerig?

Tammy ·

Die berig se niks!! Was dit grimering of nie.???? Of dalk aandag soek???Dit maak n mens sommer vies, niemand wil in raaisels leef nie.

JJS ·

Hoe ek dit lees is dat hierdie foto deel is van ‘n bewusmakings veldtog, m.a.w. dit is grimering.

sweis ·

Ek stem saam n selfsugtige manier om aandag en media dekking te kry.

Charlene ·

Ongelooflik hoeveel ‘mans’ iets negatiefs te sê het oor die bewusmakings-veldtog…

Yolanda ·

Dankie dat jy so iets met die publiek deel. Daar is so baie vrouens wat deur hul mans mishandel word. Sterkte vorentoe Corlea en moenie jou steur aan negatiewe mense nie. You go girl!!!

Linda ·

Ek dink Corlea weet hoe baie vroue word mishandel en doen niks daaraan nie omdat hul bang raak om uit hul woning ens geskop te word ! Al word hulle finansieel en emosioneel afgekraak is daar darem nog n dak oor hul kop. Dis nie lekker om in die koue op n sypaadjie of in n veld te slaap nie, vra vir my. Na 2 weke, sell se battery was pap, in die hartjie van die winter, het my suster my op n veld naby my huis gekry, toe het ek longontsteking ! Ek was getroud met n baie bekende en prominente man, wat omkoop geld vir die polisie betaal het om my elje Vrydag middag tot Maandag toe te sluit vir tresspass in my eie huis, sodat hy met anderkleuriges kon flankeer ! Vandag is ek sterk, is nie haatdraend nie, doen finansieel self baie goed, en die ding kom nogals gereeld by my huis eet !! Hy sal nie waag om my ooit weer met n nos sleutels in my gesig te slaan nie, of warm koffie in my gesig te gooi nie. Ek is lankal, meer as 10 jaar geskei en ek is gelukkig !!! My suster het my baie gehelp om weer my eie indentiteit te vind, my ouers is jare lank al oorlede.

Francois Joubert ·

Dankie vir jou kommentaar. My ma is een van julle. Nie fisiese aanranding 100%, maar geestelik 85%.

Oupa D ·

As ou man kry ek skaam om jou verhaal te lees. Jy het triomfeer oor alles wat ‘n vark van ‘n man aan jou gedoen het! Jy’s ‘n wonderlike rolmodel.

E.K. die eerste ·

Dis nie aandag soek nie – dis aandag vestig op iets wat ‘n siekte in ons samelewing geword het nl mishandeling van vroue. Mooi so, Corlea, die feit dat sovele mense kommentaar (negatief al dan nie) gelewer het, het bewys jy het bereik wat jy wou. Ons weet dit kom ook andersom voor en ook onder oumense en kinders maar minstens het sy haar bekendheid gebruik om iets daarvan aan te spreek en ek saluut haar daarvoor.

Deloris ·

Corlea, jy verdien net die beste. Jy het n rede gehad om so lied op te dra o bewusmaking te skep vir vroue wat in jou situasie nog steeds us. Well done vrou… you go girl. Ignoreer net die negatiwiteit en kommentaar.

Amanda ·

Ek verstaan die rede vir die bewusmaking van geweld teenoor vroue en die grimering om dit te laat lyk dat sy aangerand is. Wat ek nie verstaan nie is haar agente se antwoord op navrae oor die publiek se skok en besorgdheid dat “sy deur ‘n moeilike tyd gaan en deur haar familie en vriende ondersteun word”. Dit maak hierdie dom vrou se kop deurmekaar. Het die bewusmaking werklik die kol getref of net die onskuldige lesers ontstel? Waarom dan nie net van meet af aan sê dat sy die foto ter illustrasie plaas nie? Ek glo nie daar is een enkele mens wat doelbewus vrouemishandeling goedkeur nie maar eerder duisende wat haar op ander maniere sal ondersteun in haar veldtog, sonder om te skok.

Francois Joubert ·

Soos jy gepas se, ” dom vrou”. Laat ek verduidelik. Dit is ‘n bewusmakings veldtog wat ek as man selfs verstaan. Om dit vir jou vooraf uit te spel verloor jy soveel impak dat jy dit maar kon gelos het. Al gedink dat iemand baie naby aan haarself hierdeur is en daarom die bewusmaking?

Marie ·

Afrikaners kan maar lekker op mekaar trap. Hier het Mnr Joubert sopas geestelik hierdie vrou mishandel deur haar lekker Dom te noem….en dan preek hy hoe oulik die veldtog is..ag Vader..dis uitputtend ..

Net so ·

Dit wat jy nou hier sê is presies wat maak dat ek nie haar storie vir soetkoek kan opeet nie. Dit is darem vreeslik dramaties… Sy sê dan sy is bevry… Nou hoe nou. Ag nee die is in uiters swak smaak gedoen.

Rinkhals ·

Lyk of hy dalk in die proses waaroor hy vroeer kla ook raakgeklap is.

ronel ·

Ek het baie empatie en simpatie met vrouens (en kinders) in geweldadige verhoudings, daar is selfs mans in geweldadige verhoudings! Ons is al so teen geweld gekondisioneer dat dit sleg ‘n indruk maak wanneer ‘n bekende naam daaraan gekoppel word, nie die vrou oorkant die straat met die blou geslaande gesig nie. Wat my wel effe ‘n bitter smakie in die mond los is die tendens van kunstenaars om te skok in ‘n poging om impak te maak ( Chris Camelion se” Bles is my pa” bom op FB) . Dalk moet ons terug na die wortels gaan en ons seuns groot maak om nie boelies te wees, dalk kinders leer geweld is nie hoe konflik hanteer word nie.

Nel ·

Kunstenaars dink altyd hulle moet iewers met die waarheid uitkom en hoop hulle storie maak iewers n verskil in iemand wat deur dieselfde trauma gaan. Sy’t met n gegrimeerde foto gestuur en eintlik niks gesê nie. Vir my het dit niks beteken nie, sorry!!!

GRIET ·

Hóú maar eerder… by die volle waarheid, ten alle tye…!
Los maar opgemaakte foto’s en stories en tierlantynkies viri jongmense of komediante…en moenie jouself of jou geloofwaardigheid ooit met ñ plank slaan nie…
Behalwe,viri kuns-grimering nou, het DÍT vir mý persoonlik ook nou rergtig niks beteken nie, NEL…voel saam jou

Martie ·

Nee wat dit is maar net n foefie vir eie gewin. Daar is beter maniere om mishandelde vroue te help. Voeg eerder jou stem hy organisasies wat hierde vroue help en maak n verskil. Swak publisieteit.

Jane Palotasi ·

Nee. My respekte is ietwat minder. Waarom voel jul genoop om altyd jul vuil wasgoed in die openbaar te was?

Afrikaner ·

Ek stem, daar is maniere van doen en maniere van doen. Laat ek liewer stilbly. Ek was ook klomp jaar deur erge ….

Afrikaner ·

Corlea, plaas dat jy jou storie soos ‘n oordentlike mens vertel, toe kom jy met hierdie twak soos bogkind wat aandag soek. As jy dit reg oorgedra het was dit anders. Maar jy verdien wat die publiek nou in stilswye na jou kant toe gooi. meer as 1000 mense hetal hier gelees, maar net 17 se reaksies is tot dusver geplaas. Laat dit jou vertel waar jy moet soek, begin by jou ingesteldheid.

Afrikaner ·

Corlea, vra jou so af, en wat gaan die media maak die dag as jy werklik hulp van hul nodig het?

Smirre ·

Dan sal sy grimering gebruik om die regte merke te verbloem.

Afrikaner ·

Corlea, kom dat ek verder so sê, plaas dat jy direk met die media, soos bv Maroela, gesels en jou storie vertel, maar nee nou kruip jy agter jou Facebook of twitter weg.

Pieter ·

Corlea moet jou nie aan van die klomp bitterbekke steur wat nou hier iets te sê het nie. Nie een van hulle was in jou skoene en weet waarvan jy praat nie. Doen so voort!

Dasie ·

Klink v my di kunstenaars leef in n vaas Sy doen nou wat Chimelion gedoen ht Soek v aandag

Docpietza ·

Nog n Chris Chameleon – tipe- kunstenaar kry – nie- meer – aandag – publisiteit-foefie storie. Ai komaan ons wil nie tot Hollywood vlak daal nie of hoe?

Wielspore ·

As die storie gegaan het oor die aanranding en die daaropvolgende skuldig bevinding van die oortreder sou dit meer water gedra het.
Hierdie storie is so effektief soos om water deur ‘n sif te gooi.

Was self daar ·

Ja nee kyk. Die het verskriklik baie gehelp… Lol. Weet ni wie Corlea is nie maar ek stel nou nog minder belang om uit te vind. Ek dink regtig nie veel van haar “bewus ma akings” poging nie

nannie ·

@lotter miskien moet jy die berig weer lees. Daar staan dit is grimering. Dit het n tyd terug gebeur. Dankie Corlea namens al die vrouens, kinders en mans wat mishandle word. Nie net fisies nie maar ook geestelik en emosioneel. Ek was 1 gewees en was altyd skaam en bang om daaroor te praat. Baie dankie.

As jy vlak is, lyk alles diep. ·

Miskien een groot poging om relevant te bly in die vermaaklikheidswêreld. Iemand praat darem nou weer ‘n slag oor haar. Al is dit fake help dit seker?
Ek het in graad 2 saam my nefies op ‘n warm sinkplaat geloop en blase op my voete gebrand, dalk kan sy dit gebruik vir ‘n volgende veldtog gekoppel aan treffer….

Publicity stunt ·

En die wenner danksy dié veldtog is……Corlea. Well done!

Stripes ·

Corlea ek glo jy het redelik goed in jou doel geslaag. Kyk net na die hoeveelheid kommentaar wat gelewer is en nog vir lank gelewer sal word. Vroue mishandeling is nie iets nuut nie. Ek was in die laat ’60 tot vroeë ’70 lid van die SAP. Oor naweke, veral Vrydagaande en Saterdae word die vrouens verniel en het hulle die SAP genader om sake te maak. DG is besoek vir bewyse/behandeling maar Sondag kom die vrou om weer “terugtrekverklarings” af te lê want manlief het haar oortuig hy sal nie weer nie. Dit hou gewoonlik nie langer as ‘n naweek nie. Ek het empatie met die situasie oor ek weet waaroor dit gaan.

Sterkte verder met die veldtog en ek hoop regtig daar is meer vrouens wat opstaan en hul reg gebruik om weg te stap van ‘n verhouding/huwelik waar sy mishandel word, ongeag of dit fisies of emosioneel is.

DANKIE ·

Dankie, dis tyd dat ander vrouens weet hulle is nie aleen nie. Ek dink ook dat verbal abuse net so erg is soos om geslaan te word.

Maro ·

Dankie Corlea, jy bedoel net goed. Ek hoop dat jy hierdie werklik verder kan vat en vroue kan aanmoedig om hulle self uit n slegte verhouding te kry.

Janine ·

Aan al die verveelde, onkundige mense wat sulke TWAK kommentaar los, julle maak my SIEK! Om mishandel te word, is geen ‘aandag soek’ of ‘bemarkingfoefie’ nie. My wens is dat die wat so vinnig oordeel( veral vd dames hierbo wat sulke snert kwytraak): Mag jy of jou dogter NOOIT deur sulke truama gaan. Ek skaam my vir sulkes

Stan ·

Janine, na ‘n week se jammerte en gebede vir haar kom ek agter sy het my mislei. Sy het my emosioneel mishandel en nou het ek ook terapie nodig.

Was self daar ·

@Janine, duidelik het jy ook geen benul waaroor jy praat nie

Lorinda Gerber ·

Corlea, ek is trots op jou. Bewusmaking is belangrik. Praat vir die wat nie kan/wil nie. Baie sterkte met alles wat nog gaan gebeur. Jy het my volle ondersteuning!

Louise ·

Well doen, Corlea! as hierdie veldtog kan help sodat minder vroue mishandel word, is dit GREAT! Groot bewondering vir jou ! Sterkte

Willem ·

Aan #DOM: jy het verseker die regte skuilnaam. Jy het duidelik geen idee waardeur mishandelde vroue gaan nie. Ek het eerstehandse kennis. My suster is so erg mishandel deur haar man, dat sy uiteindelik selfmoord gepleeg het. Al die swak kommentaar wat noem dis aandag soek ens, ek hoop van harte jul is nooit in die situasie nie want dan praat ons weer. BAIE DANKIE, CORLEA!

Jan ·

Mense, hoe ek dit lees, hierdie is bloot ‘n illustrasie van waardeur sy was in haar lewe en om vir ander vroue wat deur dieselfde gaan te wys dat daar wel lig aan die ander kant van die tonnel is. Grimmering of nie, soos dit buite lyk, so was Corlea gekneus in haar binneste. Sy kan gemaklik en openlik gesels hieroor omdat sy dit oorwin het. Moet haar nie oordeel nie, want haar boodskap mag dalk vir sekere mense nie iets beteken nie, maar iewers daar buite sit ‘n vrou wat nie weet hoe om dit te hanteer nie!!!!

Anoniem ·

Eerstens, dis ‘n baie goeie gedagte en inisiatief, maar deur so ‘n foto te plaas en ongevraagde reaksie en opinies uit te lok, wel dan het jy mos gevra vir die snedige aanmerkings. As ek ‘n bewusmakingsveldtog sou loods dan sou ek so ‘n foto geplaas het met ‘n onderskrywing wat mense bewus maak daarvan asook hoe om betrokke te raak.
Wie ookal haar adviseer het moet sy/haar kop laat lees het. Dit was regtig baie stupid.

Mickey ·

Baie trots op jou Corlea! Vrouens moet leer om die stil te bly oor dit nie. Soveel vroue daar buite wat net stilbly en niks se nie en al die mishandeling verduur.
Vir die wat aangaan oor dis so verkeerd en aandag soek, wat doen jy om die stigma te lig oor mishandeling?

Robert ·

Ek stem, en jou verteenwoordiger het ewe gesê jy is oraait en jou mense kyk na jou – maar toe is dit niks. Jy speel met mense se gevoelens net om jouself aandag te gee. Skaam ou!

Sarie ·

En daar kom die tweegesigte uit. Toe dit dalk waar kon gewees het, toe kry almal haar jammer, toe dit aan die lig kom dat dit dalk nie waar kan wees nie, toe is dit aandag soek. Nou dat dit aan die lig gekom het dat dit ‘n kombinasie is van altwee, nou is daar mense wat kwaad is en aan die ander kant skielik simpatie het? Is ons as mense dan regtig so vnnig om te veroordeel? Dit is wat fout is met ons land. Ons oordeel te vinnig, in plaas van om net te wag om die waarheid te weet.
Corlea – ek is nie ‘n groot aanhanger nie, maar jou bewusmaking van so iets is fantasties. En die feit dat jy op staan teen dit, en self “uitkom” oor dit, sê baie van hoe jy self moes gewroeg het met so iets. Jy is ‘n fenomale vrou, en as vrou, het ek baie respek vir jou. Mag jou veldtog op die regte groen gras val en saad skiet vir die mense vir wie dit saak maak. Sterkte !!!

Marie ·

Afrikaners kan maar lekker op mekaar trap. Hier het Mnr Joubert sopas geestelik hierdie vrou mishandel deur haar lekker Dom te noem….en dan preek hy hoe oulik die veldtog is..ag Vader..dis uitputtend ..

VanAfrika ·

Vandag sien ek die domste klomp Afrikaners op een hoop. Julle wat nie kan LEES dat dit n veldtog is en dat die blou oog grimering is nie, gaan skryf weer matriek of dagvaar jou skool omdat hulle julle deur matriek laat gaan het. Lees asseblief n berig ordentlik voor jy kommentaar lewer!!!!!

Tweedens, hierdie veldtog is die beste ding wat vir mishandelde vrouens kon gebeur het. In hierdie berig skryf een haar suster kry haar in die veld twee weke later met longonstekeing na haar man haar uit die huis gegooi het en dan ook nog in die tronk slaap, n ander skryf sy is al daardeur. Nooiit het julle gepraat en mense bewus gemaak dat julle mishandel is nie. Glo myas ek in n veld moes slaap vir twee weke het ek lankal n dak vir my kop gaan soek. Nou gebeur hierdie veldtog en valse grimering deurCorlea om mishandeling van vroue bewus te maak, en raai, meer as die helfte van julle het na vore gekom en kom sê dit maak ou wonde oop (vorig berig) en baie is emosioneel mishandel, baie is aangerand. Nou het julle kans gekry om te praat. Sê dankie vir Corlea, sy het julle stem geword. Magtig!!!!!

MM, julle het vir een of ander rede nie my skrif op die vorig fprum geplaas nie. Nou vra ek julle plaas hierdie een. Dis duidelik dat baie van die vroue voos geslaan is sodat hulle nie die belang van Corlea se veldtog sien nie!!!!!

Ai ·

Mense wat agter toe deure staan gooi gewoonlik die eerste klippe, pasop die wiel draai, wat jy saai sal jy maai!!!

Amanda ·

Ai, dankie Francois dat jy dit so mooi aan my verduidelik het.?

Santie ·

Corlea praat uit ondervinding. Dalk nie so erg soos op die foto nie – sy’t die gevaartekens raakgesien en pad gegee. Sy soek dus nie aandag nie, maar wel reaksie ! En dit het sy gekry! Toe ek haar “stukkende” gesig sien, het ek régop gesit met ‘n hol kol op my maag, omdat my eie dogter vir jare in so ‘n huwelik was voordat sy die moéd gehad het om weg te breek. Goeie werk suster!!

Adele ·

Dis swak smaak en sy moet van beter weet dis nie n ding waaroor n mens oor spot nie netnou dink almal dat vrouens aansit as dit regdig gebeur

VanAfrika ·

@Adele

Spot!!!. Regtig!!!! Waar in Corlea se berig staan dat dit n bespottng is. Die grimering is nie van swak smaak en wat sy probeer uitbeeld is dat menige vroue al so gevoeter is. Glo vir my as dit in n opvoering op n verhoog moes gebeur het, het julle n ander deuntjie gesing. Of as Carika Keuzenkamp of Rina Hugo of Juanita du Plessis dit gedoen het het julla almal dan gedrewl om hulle te vertel hulle doen die regte ding. Wat Corlea nou doen is die regte ding en ek weet sy gaan julle op julle neuse laat kyk. Sterkte Corlea, jy kry nou die wind van voor deur jou eie mense. Dis sad, baie baie sad!

Lindtjies ·

Ek kan nie sien hoekom sy nou kwansuis aandag sal soek nie. Dit sê duidelik dat dit ‘n bewusmakings veldtog is. Sy deel dit met almal omdat dit waarlik met haar gebeur het. Sy was ‘n salgoffer.

Robert ·

Nou hoekom is dit nie van die begin genoem dat dit ‘n bewusmakings veldtog is nie, Nou moet baie mense eers wonder en skinder voordat die waarheid uitkom. Dis baie swak gedoen!

Dubbele standaarde ·

Ek wonder of al die bitter, suur en geniepsige kommentators hier ook so sal reageer as Steve Hofmeyr homself laat opmaak/grimeer asof hy aangerand is, om bewusmaking te skep oor plaasmoorde.

Landi ·

Natuurlik nie. Hulle sal hul voor sy voete werp en gil “Steve vir President!!!!”
Dan sing hy die Stem en een nuwe liedjie en staan terug, beursie oop om verkope te win!

Smirre ·

Steve gebruik sy talente – hy maak ‘n film wat oorsese prys wen. Niks van die “wonder wat gebeur het” snert nie.

Rol my oe vir dom Arnold ·

Ou maat, Corlea hoef niks te doen vir beter CD verkope nie. Sy is REEDS suksesvol. Maar dis amazing dat sy die guts het om in die openbare oog te praat oor iets wat baie vroue dalk ervaar en net stilbly. Duidelik het jy geen begrip of ervaring wanneer ‘n vrou mishandel word nie. Hoop van harte jou vrou lees nie jou twak, onsensitiewe kommentaar nie.

Chiddy ·

Aan Adele & E: julle verstan duidelik nie waaroor die gaan nie. Jul kommentaar getuig wel van swak smaak., pop!Enige vrou wat guts het om oor haar mishandeling te praat, verdien ‘n medalje!

Anina ·

Opgedra aan alle vrouens wat die slagoffers van geweld is:

Onweerswolke hang,
tussen haar oë vasgevang,
en trane waggel vry
oor die ronding van haar wang.

Haar kreunings maak jou bang,
‘n sagte weemoeds sang.
Verslae en verward
in ‘n eindloos skemer gang

Sy houvas is gebreek,
want háár liefde het gewreek
na vele dragte slae.
Daar lê hy nou… stil en bleek.

Blackie ·

Ek het van die begin af besef dit is vir ‘n veldtog. En ek, wat nooit fisies mishandel is nie, maar wel emosioneel, kon die boodskap daarin lees en dit het my positief geraak. Corlea is in die kollig, en om haar bekendheid te gebruik om bewustheid te skep onder die derduisende vroue en kinders wat dink hulle het nie ‘n stem nie, is NET positief. Welgedaan!

LK ·

As jul nie kan raak sien die is publicity nie, dans daar nie veel hoop nie. Toevallig saam haar liedjie het sy n sob storie by gekry.

VanAfrika ·

@LK, as jy nie kan sien dit gaan oor mishandeling van vroue nie, dan IS daar REGTIG GEEN hoop nie. En om n liedtjie daaroor te skryf, nog veel beter. Die reaksie is wyd en syd.

VanAfrika ·

@LK, en jy sal weet, jy weet mos alles van haar lewe af. Of sy nou n sob storie het of nie, liedtjie of nie. Sy bewys n punt en sy hef aandag op vroue wat mishandle en vermoor word. Hou op teen jou neus vas kyk en sien die groter prentjie instede om te kyk of Corlea iets uit dit gaan maak. Dalk flop die liedtjie deur julle stupid argumente dat sy munt wil slaan oor ander se pyn, jy weet nooit of sy vandag nog n vrou se lewe red, uit die kloue van n monster. LK hoe weet julle nie dat die Liewe Heer dit op haar hart gedruk het om met die veldtog te begin nie, dalk, net dalk is dit uiters belangrik. Wat is julle stupid gesegde as iemand se kind of geliefde sterwe. Als gebeur mos altyd met n doel. Kom ons bid hier ook.

ek sê maar ·

Klomp katteriges en trolle hier… Ai. Mense mis soos gewoonlik HEELTEMAL die punt maar nouja alle publisiteit help vir die die saak so well done Corlea

LK ·

@VanAfrika, jy mis die punt helemal. Sy’t eweskielik n sob storie, maak haar gesig op asof sy aangerand was, alles vir n liedjie…toevallig! Sy gebruik dit vir publicity vir haar liedjie, syt nie n saak nie.

Twee gesigte? ·

Mishandeling en teistering is baie ernstig. Sterkte Corlea in wat jy doen om bewusmaking te skep.

Hier is baie kommentators wat hul Christenskap rondgooi en aanhoudend skryf hoe heilig hulle is maar te oordeel aan die kommentaar is hulle agteraf twee gesigte wat ander mense vertrap. Asof hulle verhewe is bo ander mense.

Stille slagoffer ·

Ek kan waarlik nie glo dat ons Nasie so klomp dom mense het nie! Dis so duidelik soos daglig dat daai foto grimering ophet. Dis amazing dat iemand wat bekend is en blootstelling in die media kry, die platform gebruik vir die bewusmaking van mishandelde vroue. WELL DONE , Corlea! Meeste vroue in so situasie bly stil en is te skaam om daaroor te praat. Ek behoort te weet, want ek is in so situasie. Blou kolle, wurgmerke om my nek, gebreekte ribbes. Na 10 j se stilte, voel ek baie sterker vandag nadat Corlea opstaan want van VANDAG af, staan ek ook op teen die stuk gemors wat my lewe verwoes.

Karin ·

Sterkte Corlea. Dit is die seerste seer om so iets bekend te maak, maar die eerste stap na genesing. Ek haal my hoed af vir jou. Soveel vrouens het seer en is bang om te praat. Ek glo en vertrou dat ons Hemelse Vader jou sal dra deur hierdie tyd.

Andrea ·

# Mare: jou ABSOLUTE ongevraagde siniese kommentaar kan jy gerus vir jouself hou! Jy het DUIDELIK geen idee wat met vroue mishandeling aangaan nie. Mense soos jy maak die samelewing ‘n slegter plek.

Alicia ·

Mense mense. Is jy deel van Corlea se volgelings op haar sosiale media???? Dan sou jy al lankal geweet het waaroor die projek gaan, in plaas van om hier gal te braak en modder te gooi. As jy nie ‘n Corlea fan is nie nie – bly dan net stil. Beweeg aan.

Robert ·

Alicia, sy is nie meer in ‘n verhouding waar sy misbruik is nie, so sy moet aanbeweeg. Ek sal nie stil bly nie, hoekom het sy nie van die begin af gesê wat is die storie nie. Ek is nie volgeling van haar nie maar as jy toelaat dat ‘n berig geplaas word sonder ordentlike beskywing van die doel dan moet jy maar die pak van kritiek vat. Ek sê weer gaan soek aandag op ander plek.

Petro ·

Hoe hartseer dat onbedagte mense die onnodige mishandeling van ‘n vrou kan afmaak as ‘n foefie of aandag soek.Net ‘n vrou wat dit beleef, sal dit verstaan.
Dit laat mens maar net besef in hoe ‘n krom en verdraaide wêreld ons leef en ek skaam my vir die sulkes sonder enige empatie.

Pftt ·

Die klink nou maar net soos ‘n manier om die nuutste album te verkoop…. Gaan sy die opbrengs (of darem ‘n goeie deel) van die winste uit verkope van die skenk aan ‘n instansie wat hom bevorder vir regte vir mishandelde vrouens? Jaaa nie so gedink nie.

Christa (Anoniem) ·

En ongelukkig is dit nie net vrouens wat mishandel word nie. Ek was deur ‘n eks-verloofde gefoeter maar gelukkig betyds uitgeloop. En my seun is basies vernietig deur verbale mishandeling wat eweneens so erg is. Nooit ‘n vrou die taal hoor praat wat sy gebesig het nie.

Genoeg ·

Hahaha, lekker lag ek nou vir al die kommentare wat so negatief is. Lyk al asof die mense so sensasie soekend is, dat hulle werklik gehoop het dat Corlea wel so aangerand was. Foeitog! Sterkte met jou bewusmakings veldtog Corlea. Jy bly ‘n stêr.

Elize ·

En so groei die sirkus van kunstenaars wat mense se tydmors met jokstories. Niemand het lus vir ‘raai raai riepa’ in vandag se tyd waar soveel moord, verkragtings aanrandings en onreg hoogty vier nie. As jy jou storie wil vertel, praat en kry klaar en beweeg aan in die lewe.

Karen ·

Corlea, ek staan agter jou, ek was “een van daai vrouens” gewees en ek kon darem daar uitkom. Trots op jou, bly vir altyd jou bewonderaar. Sterkte jong.

Swartwolf ·

Stem saam. Net vir publisiteit. Onthou onlangs vir Chameleon ??

ag kom nou ·

Ek veroordeel enige geweld.
Dit is so duidelik “make-up” . waaroor die bohaai?
Dis baie amateur-agtig gedoen. Kon niemand sien dat dit “fake” is nie?
Wel haar media foefie het gewerk

Haan ·

Ek as bekende vroueslaner het Corlea se foto en veldtog nou die dag gesien en besluit – weet jy wat – dalk moet ek ophou. Dalk nie vandag weer aan my wederhelf slaan nie…
(terloops, dit is n grappie)
Ek dink dit is n egoïstiese soeke na publisiteit verskans as n edele doelwit.

@Haan ·

Jy is reg om die futiliteit van hierdie tipe snert uit te wys. Daar is vandag nie een mishandelde vrou in SA beter daaraan toe, ná hierdie sogenaamde veldtog nie.

Oom Koos ·

Nou wag ek net ademloos vir haar nuwe CD…veral die omslag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.