Country-sanger in hospitaal

Jason Bradley (Foto: Verskaf)

Die Suid-Afrikaanse country-sanger Jason Bradley word tans in ’n hospitaal in Heidelberg in Gauteng behandel nadat ʼn groot ystertekort en lae bloedtelling by hom gediagnoseer is.

Tina Bradley, Jason se vrou, sê haar 37-jarige man sukkel die afgelope paar jaar met ’n lewerprobleem en lae ystervlakke.

“Jason se immuunstelsel is baie laag weens die lae yster. Sy liggaam is baie vatbaar vir siektes en daarom het ons vanjaar besluit om baie minder konserte te doen sodat sy liggaam kan herstel.”

Volgens Tina het spanning weens die algehele landwye afsondering en finansiële uitdagings boonop daartoe bygedra dat ’n vorige maagseer weer begin bloei het.

“Voordat sy bloed weer op ’n gesonde vlak gebring kon word, het hy ongelukkig bloed verloor. Sy hart het baie swaar gekry, maar die dokter kon hom stabiliseer. Verdere toetse word nou gedoen om die oorsaak te bepaal.”

Jason het by sy opname in die hospitaal ’n tweede bloedoortapping ontvang.

Hy is in ʼn bestendige toestand en begin aansterk.

Talle boodskappe van steun en goeie wense stroom intussen in op sosialemediaplatforms. Dit sluit boodskappe van kunstenaars soos Benice Borman, Granville Michaels en Maritza in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mad Mike die Rhodesiër ·

Sterkte, ou pêl. Ek is deur dieselfde probleme met my kanker. Dis net geloof wat my deurdra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.