‘Dank die Heer’ sê sanger wat eerste keer pa word

Pieter en Yolandi Smith (Foto: Facebook)

Pieter en Yolandi Smith (Foto: Facebook)

Die sanger, Pieter Smith en sy vrou, Yolandi, het Donderdag vir die eerste keer ouers van ʼn gesonde babadogtertjie geword.

Die sanger het die nuus op sy Facebook-blad met aanhangers gedeel. “Klein Alexei is gebore, en Mamma en baba is albei gesond,” het hy laat hoor.

Pieter (41) het voorheen aan Maroela Media vertel “wysheid kom met grysheid” en dat hy en sy vrou, wat 34 is, nou in ʼn ouderdomsfase is waar hulle baie vir hul dogtertjie kan leer. “Ek het al so ʼn paar dinge in die lewe gesien en beleef en ek dink ek kan my dogtertjie daarvan leer. Ek is in elk geval nog baie jonk van gees,” het hy geskerts.

Hy sê as daar een ding is wat sy dogtertjie móét leer, is dit maniere. “Ek wil hê sy moet leer soos ons geleer het. Dat dinge nie maklik kom nie en dat mens altyd maniere moet hê en ordentlik moet wees.”

Die egpaar is einde 2015 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Baie geluk, glo julle gaan al die vreugde van ouerskap beleef.

Ria ·

Baie geluk, mag sy vir julle baie vreugde bring. Geniet elke oomblik saam met haar, hulle word so gou groot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.