Demi-Leigh Nel-Peters is verloof

Demi-Leigh Nel-Peters en Tim Tebow. Foto: Kelly Braman Photography/Instagram

Demi-Leigh Nel-Peters, Suid-Afrika se Mej. Heelal 2017, het verloof geraak aan ʼn Amerikaanse sportster.

Tim Tebow is ʼn voormalige Amerikaanse voetbalspeler en speel tans professionele bofbal.

“Jy het enige drome wat ek al ooit gehad het, verreweg oortref. Ek is lief vir jou en kan nie wag om vir altyd saam met jou te wees nie,” het Nel-Peters in ʼn inskrywing op Instagram gesê. Sy het ook drie foto’s van haar en Tebow gedeel.

“Dankie dat jy ja gesê het en my die gelukkigste man in die wêreld gemaak het,” het Tebow op sy beurt op Instagram gesê. “Jy is die liefde van my lewe en ek kan nie wag om die res van my lewe saam met jou te wees nie.”

Demi-Leigh Nel-Peters en Tim Tebow. Foto: Kelly Braman Photography/Instagram

Nel-Peters, van Sedgefield in die Wes-Kaap, se termyn as Mej. Heelal het einde verlede jaar tot ʼn einde gekom. “Dit was so ʼn ongelooflike ervaring, ʼn unieke jaar en een wat ek weet ek nooit weer sal hê nie. Ek is so dankbaar teenoor elke enkele persoon wat hierdie jaar vir my die moeite werd gemaak het, wat saam met my op die reis gekom het en dit die ongelooflikste jaar waarvoor ek ooit kon wens, gemaak het.”

Nel-Peters het ná haar kroning as Mej. Heelal in November 2017 in New York gaan woon. Gerugte oor haar verhouding met Tebow het begin nadat Tebow se suster, Katie, ʼn foto van haarself en haar twee broers saam met Nel-Peters op Instagram gedeel het.

Tebow het vroeër aan People gesê hy is gereed om ʼn gesin te begin as hy die regte vrou gevind het.

“Ek wil nie meer enkellopend wees nie. Ek is gereed om rustig te word en met ʼn gesin te begin. Ek wil kinders hê. Daar is soveel dinge wat ek wil hê. Niemand sal gelukkiger as ek wees om uiteindelik die regte persoon te vind nie,” het hy gesê.

Demi-Leigh Nel-Peters en Tim Tebow. Foto: Kelly Braman Photography/Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Liezl, ek stem saam, sy is pragtige meisie met ‘n mooi hart!

Ronel ·

@Karn. so bietjie jaloers, mmm? Bou ‘n bruggie en kom oor dit. Sy het groot sukses in haar lewe behaal sonder jou snedige opmerkings.

DeVill ·

…sjoe maar julle is haastig om te trou, hoekom?

Mag julle net vreugde, geluk en baie liefde ervaar in julle toekomstige huwelik!

Anoniem ·

Ek sien nie die trou datum hierbo nie, wanneer is dit?

Baie geluk aan die pragtige paartjie!

Mico ·

Hulle is net verloof…..daar is nog nie ‘n trou datum….

Linda ·

Demi en Tim is n oulike paartjie. Ek wens hul net die heel beste toe vir n wonderlike toekoms !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.