Demi-Leigh ‘opgewonde’ oor haar groot nuus

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Instagram)

Demi-Leigh Nel-Peters, die huidige mej. Suid-Afrika, gaan Suid-Afrika in November vanjaar in die Mej. Heelal-kompetisie teenwoordig.

Nel-Peters het dié aankondiging Woensdag op sosiale media gemaak.

“Ek is so opgewonde om die nuus uiteindelik met almal te deel – ons gaan ‘heelal’ toe. Ek sê ‘ons’, want ek weet nes in Mej. Suid-Afrika gaan ons saam op hierdie reis gaan en ek kan nie wag om dit met elkeen van julle te deel nie,” het sy laat hoor.

Nel-Peters, van Sedgefield in die Wes-Kaap, is die 59ste Mej. Suid-Afrika. Sy is in Maart vanjaar by Sun City in Noordwes gekroon.

“ʼn Jaar gelede het ek as ʼn meisie van ʼn klein dorpie met groot drome vir mej. Suid-Afrika ingeskryf. Binnekort sal ek [tydens mej. Heelal] sê: ‘Demi-Leigh Nel-Peters, 22, Suid-Afrika’,” sê sy.

Skoonhede soos Rolene Strauss (Mej. Wêreld 2014), Margaret Gardiner (Mej. Heelal 1978) en Anneline Kriel (Mej. Wêreld 1974) het al op die internasionale verhoë geskitter.

Die vorige Mej. Heelal is in die Filippyne gehou waar Iris Mittenaere van Frankryk as die wenner aangewys is.

Die presiese datum waarop die Mej. Heelal-kompetisie sal plaasvind is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.