Demi-Leigh, Tim deel troufoto’s

Demi-Leigh en Tim as man en vrou (Foto: Hanri Human/Instagram)

Die voormalige Suid-Afrikaanse Mej. Heelal Demi-Leigh Nel-Peters en die Amerikaanse bofbalspeler Tim Tebow is getroud.

Dié nuus is deur die Amerikaanse vermaaktydskrif People bevestig. Foto’s van die nuwe egpaar is ook op Instagram gedeel.

Maroela Media het vroeër berig dat Nel-Peters en Tebow die afgelope naweek twee verskillende geleenthede in aanloop tot die troue gehad het saam met vriende en familie van Suid-Afrika én Amerika.

Volgens People het die paartjie op La Paris Estate in Franschhoek voor 260 gaste getrou.

Nel-Peters het in ʼn noupassende wit rok die paadjie afgestap, ʼn rok wat sy by Davids Bridal, ʼn Amerikaanse trourokwinkel, laat maak het. Haar hare was in elegante lae bolla en ʼn lang sluier het teen haar rug afgehang. Tebow het netjies gelyk in ʼn tradisionele swart driestukpak met ʼn strikdas.

Demi-Leigh en Tim as man en vrou (Foto: Hanri Human/Instagram)

Die Suid-Afrikaanse fotograaf Hanri Human, wat al voorheen bekendes soos Nico en Christi Panagio,  Jacque Kallis en Nadia Beukes afgeneem het, het die troufoto’s geneem. Zavion Kotze het die troue, en die vierings vooraf, koördineer.

Tebow het kort ná die troue ʼn foto van hom en sy sprankelende bruid op Instagram gedeel met die onderskrif “Vir altyd”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jessica ·

Beautiful, but the ring with the big stone stand’s out more than them or the dress.
She will get her finger cut off for that stone.

DS ·

Gelukkig gaan hulle nie in Suid-Afrika bly nie Jessica so sy het niks om oor te bekommer nie. Pragtige bruid en baie aantreklike bruidegom hulle babas gaan pragtig wees! Baie geluk julle twee.

wielie ·

Jaaaaaaa en oor n jaar lees ons hoe die twee skei …. hoe groter, duurder en grander die troue ,,,,,,,,, hoe gouer die skei hof :)

**anoniem** ·

@Wielie, doen jouself ‘n guns en gaan kyk op Tim Tebow se Instagram en Facebook rekeninge hoe die man sy lewe aan God en sy Koningkryk wy. Hy is uit en uit ‘n man van God en ek is 100% seker daarvan hulle huwelik gaan perfek wees wat God is die middelpunt daarvan. Alle seën en voorspoed vir die pragtige Godvresende paartjie!

Willem ·

Ai, Wielie….ook maar negatief vandag?

Geluk aan 2 pragtige mense!

Posduif ·

Sy gaan sukkel om skottelgoed te was met daardie sinker aan haar ring vinger!!!

Marlene ·

Posduif, in Amerka is alle wooneenhede/huise te huur/te koop, toegerus met ‘n standard skottelgoed wasmasjien.

duik ·

Julle met julle vieslike kommentaar kan gaan duik! Demi-Leigh en Tim is twee PRAGTIGE mense! Ek gun hulle net geluk! Congrats guys!

Annelie ·

Gaan haar van nou Nel-Peters-Tebow wees? Genade! En ek weet hoekom het sy ‘n dubbeldoor van!

J ·

Dit lyk of n kiei hsar hare plat gelek het dat die spoeg nog so sit en nat lyk.

EO ·

J, hou jou vieslike opinie vir jouself!! Gelukkig het almal nie dieselfde smaak nie,. Sy lyk pragtig. Dit was haar keuse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.