Die Amerikaanse kunstenaar Demi Lovato het aangekondig dat sy nie-binêr is en dus nou “hulle” as enkelvoud-voornaamwoord gebruik.
Nie-binêre mense identifiseer nie met manlik of vroulik nie en hulle geslagsidentiteit stem ook nie ooreen met streng kassies van ander geslagsnorme nie.
“Vandag is ʼn dag wat ek so bly is om meer van my lewe met julle te deel,” het Lovato (28) op Twitter geskryf.
“Ek is trots om julle te laat weet dat ek identifiseer as nie-binêr en dat ek amptelik my voornaamwoord na hulle verander vir die toekoms.”
Lovato sê hulle het hulle geslagsidentiteit begin verstaan nadat hulle “selfondersoek gedoen het en genesing ervaar het” die afgelope jaar.
Die sanger sê hulle “leer nog” en dat hulle nie hulself as ʼn “kenner of woordvoerder” op die gebied beskou nie.
Hulle gaan met ander nie-binêre mense gesels in ʼn video-reeks oor geslagsidentiteit. “Ek doen dit vir diegene daar buite wat nog nie met geliefdes kon deel wie hulle werklik is nie,” het Lovato bygevoeg.
“Hou aan om jou waarheid uit te leef en weet ek stuur liefde na julle kant.”
Bron: BBC
Nou wat is jy dan as jy nie manlik of vroulik is nie?? Mense wat dink hulle kan doen wat hulle wil verstaan ek nie>>> Nie-binêre mense identifiseer nie met manlik of vroulik nie en hulle geslagsidentiteit stem ook nie ooreen met streng kassies van ander geslagsnorme nie. Of verstaan ek heeltemaal verkeerd?
Ek verstaan nie….Jy is of man of vrou….ongeag of jy straight of gay is, jy is een of ander geslag… Die mensdom is besig om van hulle trollie af te gaan… Genade tog…
Dis sommer simpel. God het MAN en VROU geskep. Nie “Hulle” nie.
Siestog!
Stupid… soek aandag.
Belaglik!
Al die mense wat nie-slagtig is gaan hopelik sorg dat die bevolkingsgroei afneem. Mag die wederkoms gou gebeur.
koppie raas BEHOORLIK!
Nou as een van hulle n kind wil hê, wie gaan saam wie slaap? Of kan hulle hulself bevrug ook?
Vroeër, die toppunt van verwardheid: Ek weet nie of ek kom of gaan nie.
Vandag se top punt van verwardheid: Ek weet nie of ek moet sit of staan nie (op die toilet).
Hahahahahaaaaaa!!!! Vlymskerp!
Altyd op soek na bietjie aandag, nê Hulle!
Die arme kind … dat sy so moet sukkel om te weet of sy ‘n “ek” of ‘n “hulle” is!