Die hoogs betaalde bekendes vir 2017

sean-combs

Sean Combs. (Foto: Chris Pizzello/Invision/AP)

Die Amerikaanse saketydskrif Forbes het die lys vir die 100 hoogs betaalde bekendes vir 2017 bekendgemaak.

Die Amerikaanse musikant en mode-ontwerper Sean Combs, beter bekend as P. Diddy, beklee die topposisie. Hy het $130 miljoen verdien danksy ʼn wêreldtoer en ʼn vennootskap met Diageo’s Ciroc Vodka. Hy het ook een-derde van sy Sean John-klerereeks vir ʼn geraamde $70 miljoen verkoop.

Die Amerikaanse sangeres Beyoncé is in die tweede plek met ʼn verdienste van $105 miljoen vanjaar. Sy het groot geld gemaak toe die waarde van haar aandeel in die internetstromingsdiens Tidal aansienlik gestyg het. Ander bekendes soos Beyoncé se man, Jay Z, en die popster Madonna het ook aandele in Tidal.

jk rowling

Die skrywer J.K. Rowling. (Foto: Andrew Matthews/Pool via AP)

J.K. Rowling, die Britse skrywer wat die Harry Potter-reeks geskryf het, is derde op die lys met ʼn totale verdienste van $95 miljoen. Die jongste boek in dié reeks, Harry Potter and the Cursed Child, was die topverkoper vir 2016 met meer as 4,5 miljoen kopieë wat net in Brittanje verkoop is. Kaartjies vir die Weseinde-verhoogproduksie, wat geskoei is op dié boek, is reeds tot in 2018 uitverkoop. Rowling verdien ook geld met die Harry Potter-besienswaardighede by Universal Studios asook die flieks Fantastic Beasts and Where to Find Them.

Die musikante Drake ($94 miljoen), The Weekend ($92 miljoen) en Coldplay ($88 miljoen) is onderskeidelik nommer vier, ses en agt op die ranglys.

james patterson

James Patterson. (Foto: Photo by Taylor Jewell/Invision/AP)

Die Portugese sokkerspeler Cristiano Ronaldo is nommer vyf op die lys met ʼn verdienste van $93 miljoen terwyl die Amerikaanse NBA-basketbalspeler LeBron James tiende op die lys is met $86 miljoen.

Die omstrede radio-omroeper Howard Stern is sewende op die ranglys met ʼn verdienste van $90 miljoen. Amerika se rykste skrywer, James Patterson, het vanjaar $87 miljoen gemaak nadat 9,5 miljoen kopieë van sy boeke net in Amerika verkoop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vermeende ·

Maak n lys van die rykstes wat nie hulle geld verdien het nie dan sal die SA parlement wees met Zuma heel bo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.