Dis gʼn grap toe gewilde omroeper weer pa word

Darren Simpson, Cruz, en sy vrou, Samantha (Foto: Twitter)

Darren Simpson, Cruz, en sy vrou, Samantha (Foto: Twitter)

Die gewilde radio-omroeper en grapjas, Darren ‘Whackhead’ Simpson, het die naweek vir die tweede keer pa geword.

Die 38-jarige omroeper, wat bekend is vir die “Breakfast Xpress”-ontbytprogram op 94.7 Highveld Stereo, het sy tweede seuntjie, Cruz, in die wêreld verwelkom.

Simpson is sedert 2010 met Samantha getroud. Die egpaar se eerste kind, Nate, is in 2012 gebore.

“Baba Cruz is hier. Dit gaan goed met ma en baba. Dankie aan die hele span. Dis ongelooflik!” het hy op sosiale media gesê.

Die omroeper is veral ook bekend vir sy geskeerdery, waaronder verskeie luisteraars en bekendes al deurgeloop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan ·

Ek kannie verstaan dat dit enigsins enige nuus moet wees dat die ou en sy vrou nog ‘n baba in die wêreld gebring het. Dit gebeur mos daagliks en met baie ander mense, nou hoekom hy!!!

IsNuus ·

Aai Johan, ek het ook nie belang by hom nie, maar of ek en jy dit nou wil weet of nie: dis steeds nuus! Dis bekendes en hul doen-en-late en het nog al die jare mense se belangstelling gewek. As Maroela Media nie ook hierdie ‘nuus’ gaan rapporteer nie, gaan hulle nie alle vorme van mediagebeure dek nie en ongelukkig moet media voer wat die nuuskierige mense wil hoor en lees. Die wat hier gaan kla, is ‘n handjievol en die oorgrote meerderheid oortref vir my en jou by verre. Dit gebeur al sedert ek en jy nog nie eens ons eerste asem geteug het nie. Lyk my jy het tog moeite gedoen om dit te lees. Ek gaan net oor die hofies en besluit dan wat om oop te maak en wat nie én omdat ek self in die media is, moet ek op hoogte bly van hierdie tipe ‘nuus’. Maroela Media is net besig om hul werk te doen soos die hoofstroom dit ook versoek, maar definitief met meer styl en klas én in Afrikaans!

M'Lady ·

Die wereld se bevolking moet verminder, nie vermeerder nie. 7 Biljoen mense, een planeet. Waar gaan dit alles eindig? Geen plek meer vir die wild lewe.

Deon ·

O liewe genade M’Lady, dankie vir daardie insiggewende kommentaar! Ons sal almal onmiddelik moet ophou kinders hê. Kom ons raak sommer ontslae van die wat ons het ook, anders is ons gedoem, die einde is naby!

Kon jy nou wraggies niks mooi uitdink om ‘n ander ou geluk te wens nie?

Lyk my die knip op die deur vir pessimiste en suurknolle het oopgespring vanmore, ons sal hulle almal weer moet vang en op hok sit…

Maggie ·

M’Lady wie is jy om te se die bevolking moet verminder? Onthou ons almal is n geskenk van die Here en ons almal het n werk op aarde. Nes jy het ander ook n reg om te lewe. Baie geluk met die wonderwerkie Darren en Samantha. Geniet elke oomblik.

Koster ·

Europa se ekonomie staan stil en sekere gevorderde kulture is besig om uit te sterf omdat daar mense is wat soos jy mlady redeneer.

Blom ·

Goeie genugtig julle is bitter bekke. Dis wonderlike nuus… geluk Whackhead. Jy helder ons oggende op en dis so lekker om julle bondeltjie te verwelkom.

Hendrik ·

Helder hy regtig jou oggende op? Kan jy dit nie self doen nie?

Gideon ·

Geluk met julle baba!! Die wat kerm, hoop julle het groente tuine, en julle eie hoenders!!

Rupert Ashford ·

Geluk Whackhead familie. Dit is voorwaar elke keer ‘n seen as ‘n babatjie gesond gebore word. M’Lady en kie het almal van die “Climate Change” Cool-aid gedrink. Maar ek moet darem vir M’Lady krediet gee dat sy darem bereid is om die ware rede (menslike bevolking) aan te spreek en nie weg te kruip agter “carbon credits”, armoedeverligting ens wat maar net ‘n globale kommunistiese aanslag is in ‘n groen jassie nie.

Trudi ·

So by vir hierdie gesin. Regtig n gawe van Bo. En as daar oumas en oupas is, nog blyer vir hulle ♡

Denise ·

Baie geluk aan die gesin en ai tog hoekom so byterig wil wees dit is dan hoekal die wit vrouens wat so min babas het ek self het net twee!!!!!!

Ria ·

Baie geluk Darren en Samantha met jul bondeltjie vreugde, mag hy vir julle nog baie jare van vreugde bring. M’Lady moet net onthou as ons nie vermeerder soos die Woord ons sê om te doen nie vir wie werk ons dan? Waarheen gaan ons nalatings? Dink aan die toekoms nie net aan jouself nie, as almal ophou om kinders te kry wat word dan van ons bevolking en aarde?

liefie ·

Baie geluk Darren, dit is interessante nuus, want wie het al ooit aan die grapkas gedink as iemand se pa. M’Lady, jy’t seker vanoggend ‘n grappie gemaak. Wil jy nou vir my sê ‘n man en vrou mag nie kinders kry nie? Ja, daar is baie mense op aarde, maar dis wraggies nie my of Darren se skuld nie. As hy by nommer 10 begin trek, sal ek dalk begin wenkbroue lig, maar intussen is dit elke getroude paartjie se reg, voorreg en opdrag om kinders te hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.