‘Dís hoekom sanger gepot is’

Die lede van Elvis se Seun (Foto: Facebook)

Die lede van Elvis se Seun (Foto: Facebook)

“Stefan sê in die media hy weet nie hoekom hy gepot is nie, maar hy weet goed hoekom hy met daardie blou oog sit.”

Die sanger Stefan Ludik het die naweek ʼn foto op sosiale media van hom en sy mede Elvis se Seun-groeplede gedeel waar hy ʼn blou oog het. Volgens Ludik se inskrywing op Facebook het ʼn onbekende man hom sonder rede gepot.

Die verloofde van die man wat Ludik bygedam het, het intussen aan Maroela Media gesê dit was nie sonder rede nie.

Die paartjie, wat verkies om anoniem te bly, was Vrydag by ʼn Elvis se Seun-optrede in Sasolburg, toe die voorval plaasgevind het. Hulle het in die ry gestaan en wag dat Stefan haar CD teken toe haar verloofde vir Stefan geslaan het.

Die storie is egter glo nie so eenvoudig nie. Sy het vroeër vanjaar op die sanger se Facebook-blad geskryf hoe mal sy oor sy musiek is. “Ek is so verlief op jou musiek!” het die boodskap gelui. Die sanger glo het daarop geantwoord deur te skryf “Baie dankie! Ek is so verlief op jóú”.

Dít was glo ʼn bron van kommer vir die kêrel, maar hy het vergewe en vergeet.

Vrydag, toe hulle in die ry staan, het Stefan glo sy meisie op die naam genoem sonder dat hy haar vantevore ontmoet het en dít het hom rooi laat sien.

“Toe slaan hy hom! Hy het nie daarvan gehou dat hy my onthou en so met my praat as hy my nog nooit ontmoet het nie en daarom het hy hom geslaan,” het die meisie in ʼn telefoononderhoud gesê.

Twee mans het hom daarna van Stefan afgetrek. Hy is egter nou weer op die been.

Sy sê die hele voorval is onsmaaklik en sy wil dit graag vergeet. “Ek is baie jammer dit het so uitgedraai, veral omdat ek ʼn groot aanhanger is.”

Verder het sy en haar verloofde nou “bietjie rusie gemaak” oor die voorval, maar hulle sal dit binnekort afhandel. Hul trouplanne gaan ook voort.

Ludik het aan Maroela Media gesê hy sal verkies om nie in die stadium kommentaar te lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Francois ·

Die ou het n probleem met sy eie ego.
As hy nou so jaloers reageer, is jy dalk volgende wat onder sy vuiste deurloop my kind.

chris ·

Waar woorde as jou kerel nie nou so n opmerking kan aan vaar nie, sien ek n donker toekoms ,jy sal later nie eers meer jou vriende kan groet nie.

Marinda ·

Sussie, pak jou tassie en laat spaander voor jy trou. Die jaloerse man gaan jou lewe hel maak. Al die tekens is daar.

Lola ·

O nee. Vat jou tas en hardloop. Jou verloofde is onstabiel. Dit is nie die lewe wat jy wil he nie. Stel tenminste die troue uit vir ‘n jaar as jy so lief is vir hom en kyk die kat goed uit die boom.

Hannelie ·

Los jou verloofde dadelik. Hy het ‘n vinnige humeur en lyk my wil als met sy vuiste regslaan. Hy is duidelik van die pad af. Jaloesie kan ‘n baie baie lelike ding word. Onthou hy verander nie sommer….hy gaan net erger word.

Ilze ·

Ek wou se dis nie so onskuldig nie. Mens word nie gepot vir geen rede nie. Maar mooi bly mooi.

Alet ·

Nie Stefan se fout as hy ‘n mooi meisie se naam onthou nie. Nou baie lekker gelag. Maar sulke vreeslike jaloesie voorspel niks goed nie.

Elize ·

Nie Stefan se skuld. Het die meisie gese sy is verloof? So kry ons kunstenaars n slegte reputasie. Staan by jou Stefan

nicolene ·

Dis belaglik. Ek ken Stefan al van skool af. Eerstens, hy was nog altyd n ware gentleman, tweedens, hy hou van n grappie en ek weet sommer daai ‘en eks verlief op jou’ was n grappie. Hierdie ou het n goeie hart. Love him to bits. Daai ander dude moet nie so onseker wees, o my genade. Hy moet dalk n paar liedjies oefen vir sy verloofde! Gelukkig kan ou Stefan n pak vat!

Jou nar ·

Miskien moet die vrou maar van Stefan se Facebook en shows wegbly as sy weet dat haar kerel nie sy jaloesie en vuisies in toom kan hou nie?

Griki ·

Miskien moet sy liewer van haar verloofde wegbly. Sy optrede voorspel niks goeds vir haar nie. Dis nie net ‘n bietjie jaloesie waaroor sy gevlei kan voel nie, dis onredelike besitlikheid en onverdedigbare aggressie. Dink asb baie mooi, meisie.

Jaap ·

Meisie , los daardie ou van jou nou. Sy jaloesie sit baie vlak.

Ekwilibrium ·

Die verloofde man het werklik oorreageer. ‘n Man moet opstaan vir sy geliefde, maar ek stem saam hierdie gedrag voorspel niks goeds vir die toekoms nie…

Akram ·

Genugtig. Dalk is daar meer op FB gese as wat sy noem. Maar nog steeds, ek glo dat dit in n stormagtige verhouding gaan ontaard. Dink mooi voor dit te laat is.

Swanna ·

Stem maar ek moet ook by se. Die mense met hul uitlatings op facebook, ooi hoeveel keer het daar nie probleme gekom nie. Ons sien dit elke dag tot in die poilitiek die ergste.

Anoniem ·

Indien jou verloofde so reageer op ‘n onskuldige aanmerking voorspel dit niks goeds vir die toekoms nie. Jy moet dalk twee maal dink voordat jy voortgaan met hierdie verlowing. Hierdie insident kan heel moontlik net die begin wees van veel erger dinge wat kan gebeur wat ‘n mens kan verhoed. Dink asseblief weer voordat jy voortgaan met hierdie verlowing.

Leon ·

Die verloofde se kerel is ‘n laatie. Hy slaan sommer vinnig as iemand na sy meisie kyk of dalk net haar naampie ken. Ek is vinnig met my vuisies – veral as iemand dit nie verwag nie. Ek is ‘n held, ek is so sterk, ek is so rof en ek veg maklik want ek is nog ‘n kind.

Takkie Takuuza ·

Ek glo ook nie sy vertel die hele storie nie en haar hele aandeel nie.

charmaine ·

Hy is n lafaard, wil anoniem bly maar swaai sy vuis? Selfbeeld probleem en bang die meisie los hom dalk vir iets beters? SHAME! Word groot my ou!

Annelize ·

Ag vaderland, vandag se jong vrouens wat hulle soos bakvissies gedra as dit by sogenaamde “celebs” kom gee my sommer ‘n pyn. En ‘n ou met sulke vinnige vuisies se ego is groter as sy brein. Wens regtig mense wil begin onderskei tussen realiteit en Lala-land.

Pop ·

Dit is nou die belaglikste ding wat ek vandag nog gehoor het. Word wakker verloofde!! Wees eerder trots op jou Pragtige meisie. En sy is totaal en al onder n wanindruk as sy dink jy is maar net n bietjie jaloers. Jy is besitlik en dit hoort nie in n verhouding wat staan nog n huwelik nie!! Jy is glad nie die naam Man werd nie.

Ally ·

Dis net tipies van Emperors in Sasolburg. Die plek is common… mense kan nie daar lekker kuier nie daars net altyd fights.

evsbest ·

ASSEBLIEF LOS HOM hy gaan soveel konfyt om jou mond smeer en alles belowe van hier tot in in die maan… MOET HOM NIE GLO NIE. Kry iemand anders.

Pietser ·

Meisie – raak ontslae van die ou. Hy gaan baie ouens moet slaan wat net kyk na jou en party ouens gaan terugslaan. Hy lyk na ‘n jaloerse “control freak”

Die gestewelde kat ·

Advies aan die ou wat geslaan het – los haar. Sy is ‘n groupie en nog hopeloos te onvolwasse vir trou. Parkeer vir eers jou trouplanne en besin of sy rerig ‘n maat vir jou is.

Daan ·

Hardloop meisie,hy het klaar sy kleure gewys.Dit raak nie beter nie maar erger na die troue.

VRA MY EK WEET ·

My ou jy is heeltemal te jaloers…Maar nou wonder ek net wat wil jou girl so baie met Stefan karring..Facebook en nou sy shows? Worry tjom worry..sy like hom baie.Nee wat ek dink los haar…en Meisie los die jaloerse ou..Dis bad

Net vir nou ·

Ag nee wraggies man!!!!
Ek weet wat jy wil word – jy wil groot word!
Leer eers vir Stefan ken voor jy net sulke goed wil kwyt raak, hou op wil wegkruip agter “anoniem” en staan jou man, gebruik jou naam soos jy sy naam wil gebruik. Dis oor mense soos die dat (veral mans kunstenaars) ‘n walglike naam kry, dan verdien hul nie eers altyd die naam nie.
Elvis se Seun, moenie jul aan sulke bog steur nie, jul bly awesome met ‘n goeie naam al soek al wat dogtertjie is sensasie!!!!

Sue Lambert ·

Ilze jy sal jou verbaas hoe laag en gemeen mense kan wees sonder enige rede hoegenaamd veral as die groenoog monster sy kop uitsteek. Stefan is van die mooiste mense innerlik en uiterlik soos een van sy volgelinge gese het: Stefan jy kan nie help dat jy die hele packet gekry het nie. Gelukkig is daar baie van sy volgelinge wat by hom staan, en dis wat ek vir hom gese het. Hulle ken hom nie soos julle twee wat anoniem wil bly nie. Val Stefan van agter af aan en pot hom dis mos net ‘n lafaard wat soiets doen. Geen wonder die mense het dit vir julle so warm gemaak nie. Nou skielik kom jy met die opmerkings wat niks gaan regmaak wat van julle op FB verskyn het nie. Ek glo julle is te bang om rond te beweeg.

charlene ·

Ek dink ook die dame moet haar tassie pak en gou vir haar `n ander man soek. Want kyk dis nou een te veel. My man weet ek sê gereeld vir hom “wag maar net dat Steve skei dan gaan trou ek met hom” en daar is baie ander sangers wat ek dink mooi is, en ek kan dit vir my man sê sonder om te vrees, hy mag ook sê sangeresse is mooi. Mooi bly mooi. Hy vertrou nie sy verloofde nie en dis nie rede. En ek is seker sy moes nog meer as een keer goed gaan skryf het op sy wall of meer shows by gewoon het, vir Stefan om haar so goed te ken, dalk weet liefdevolle verloofde nie daarvan nie. Maar my punt bly staan, dis `n jaloerse man wat sy hande te gou lig, Stefan het nie aan haar gevat nie slegs haar op die naam genoem.

Frik ·

Dit mag dalk nou snaaks wees maar niemand wat so vinnig met die vuiste is, laat rooi ligte flikker. My ou meisie jy gaan nog onder daardie selfde vuiste deurloop. Iemand wat so jaloers is dat hy nie sy gevoelens en humeur kan beteuel nie is n baie onbestendige persoon en wil alles regmaak met sy vuiste.

katryn ·

sjoe, dieselfde raad van almal: pas op, gevaar. Ek hoop sy luister. Dalk kan ons meermale vir mekaar raad gee hier op MM.

Annie ·

Pak jou tasse en gee pad, volgende keer is dit jy – kanselleer daai troue – jy gaan nog baie huil en seergemaak word deur daardie lummel – jy verdien beter. Luister na ons almal – LOS HOM DADELIK !!!!!!!!!!!!!!!

Helene ·

Jy’s reg ouma Sue (Suzie).
Slaan aan ‘n Namibier en jy soek ‘vir groot marakas! ;))

Helene ·

Stem saam Sue (ouma Suzie).
Slaan aan ‘n Namibier en jy soek groot marakas! ;))

Sputnik ·

Wow! Hardloop meisie, hardloop! Jy sal later baie spyt wees dat jy dit nie gedoen het nie!

Jo ·

Hoop jy is al ver weg van die probleem aan jou sy. Ons wil tog nie slegte nuus oor jou lees nie

Magda ·

Die verloofde man is seker baie onseker van himself daarom die reaksie. Hoe gaan hy nie sy verloofde behandel as hulle eers getroud is en ‘n ander man kyk net in haar rigting nie. Word groot man. Vuiste maak nie alles reg nie. Sy eggo is seker nou gestreel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.