Dozi is verloof

Dozi, oftewel Henk Opperman. (Foto: Facebook)

Dozi, die lang man met die rasperstem, is verloof aan ʼn eiendomsagent van Pretoria.

Maroela Media kon Donderdagoggend bevestig dat Dozi (54), oftewel Henk Opperman, aan Kim Viljoen (27), verloof is.

Volgens mediaberigte het Dozi en Viljoen vroeër vandeesmaand verloof geraak en is hulle nog net ʼn paar maande in ʼn verhouding. Die paartjie wou egter nie in dié stadium verder kommentaar lewer oor hul verhouding nie.

Dozi se laaste album, Hande vol genade, het in 2014 verskyn. Dit was sy 18de album en hy het kort daarna sy eie konsertvenue en -restaurant, Dozi’s Back to the Roots, in Hartbeespoort oopgemaak.

Kim Viljoen (Foto: Facebook)

Dozi het in 2001 begin naam maak toe hy ʼn keurspel van Afrikaanse liedjies wat hy in Zoeloe vertaal het, op die TV-program Noot vir noot gesing het.

Hy het sy eerste Afrikaanse CD, Op aanvraag, net daarna uitgereik en veral sy weergawe van Chris Blignaut se treffer, Ou ryperd, het gewild geword.

Dozi was in 2016 ook in die nuus nadat hy meer as 30 kg afgeskud het.

Hy was vroeër met Muriël Lategan van Moorreesburg in die Wes-Kaap getroud. Hulle is in Junie 2007 getroud en is in 2009 geskei.

Muriël is in 2013 met Jannie Visser getroud en hulle het twee dogtertjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

GM ·

Ek moet seker nie so daarna kyk nie, maar Dozi was 27 toe sy gebore is (give or take ‘n paar dae/maande afhangende van hul presiese geboortedatums). Liefde is blind en dit vra nie hoe oud ‘n persoon is nie, maar ek wonder net altyd of die liefde nog gaan blom as die man 70 is en die vrou is nog bloedjonk. In haar geval, 43.
Elk geval, dis nie my verhouding nie, mag hul gelukkig wees! Ten minste weet ons sy oë makeer nog niks nie :-)

Landi ·

Ai die ou manne met hulle jong bokke….daar is seker maar n paar gevalle wat dit werk , maar Dozi jy was mos nou al reeds met n jong bokkie getroud en nou doen jy dit weer. Sjoe man……Cookie Pie het jy daaraan gedink oor 20 jaar is jy nog in die fleur van jou lewe dan is hy stokoud???? Nee seker nie, want geld maak reg wat krom is

lolla ·

Meeste vrouens lyk al om en by 45 jaar oud reeds oor die muur.

ano ·

Ai ou Dozi, hou nou maar op probeer. As ek reg is, is die jou 4de verlowing en 3 de huwelik. Ooit gedink jy is maar net nie gemaak vir ‘n huwelik nie. En daai girl – sjoe! Sy is rerig desperaat!

Charles ·

Ai tog mense hou op om die man te kritiseer! Wens hulle geluk! Hul ouderdomme en omstandighede het TOTAAL NIKS met julle te doen nie……

Dorothea ·

Dozi jy lyk nog soos ‘n stout skool seun. My ouma sal dit katools genoem het. Maar moenie worry nie Richard Gere het weer pa geword op sewentig. Moenie dat ons weer moet lees van al jou trane nie. Geniet jou gelukkige lewe. Dis so kort.

Amalia ·

Baie geluk julle twee mag God julle ryklik seen – wens julle baie kosbare jare toe

Doringboom ·

Mark Twain het glo gesê: “Age is an issue of mind over matter. If you don’t mind, it doesn’t matter.” Gooi kole Dozi! Mag julle baie gelukkig wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.