Dozi kap terug oor fopnuus oor sy gesondheid

Dozi. (Foto: Skermgreep uit video)

Die sanger en liedjieskrywer Dozi het bewerings dat hy kanker het en ernstig siek is in die kiem gesmoor.

Gerugte dat die sanger kanker het, het oor die naweek soos ʼn veldbrand in die sosiale media versprei. ʼn Foto waarin ʼn brandmaer Dozi saam met twee aanhangers poseer, is ook rondgestuur.

Volgens publisiteitsbeampte Alishia van Deventer blyk dit dat dié foto gedokter is. “Wanneer ons die oorspronklike foto en dié foto langs mekaar plaas, kan mens sien daar is gepeuter aan die foto wat rondgestuur word, want dit lyk nie soos die oorspronklike nie.”

“Dat jy nou een oggend moet wakker word en hoor jy het ʼn siekte … kanker,” sê ʼn verontwaardige Dozi in ʼn kort Facebook-video.

“Ek het nie kanker nie, dames en here, ek is baie jammer. Ek het hard gewerk en ek hou myself besig. Ek is so bly om te sien soveel mense is nog lief vir my en gee om. Julle gaan dit nie glo nie, maar ek is gesond,” skerts hy dan.

“Ons kan nie keer dat fopnuus opgemaak word nie, maar ons kan ophou om dit te deel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mynie ·

Weet jy, party mense het net niks beter om hulle self mee besig te hou nie. Gaan sny gras of iets. Doen tog net iets prakties, as om twak aan te jaag!!!!!

maroelabutterfly ·

Ag nee wat ek dink hy eet dalk net deesdae gesonder dan kan mens ook gewig verloor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.