Eerste bondeltjie vir Afrikaanse rocksanger en sy vrou

Pierre saam met Thys (Foto: Verskaf)

Die sanger Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties en sy vrou, Jani, het dié week ouers geword.

Jana de Beer, agent en bestuurder van die musiekgroep, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

De Beer sê Jani en die nuwe bondeltjie, ʼn seuntjie, is gesond. Die Greeffs het hul seuntjie Thys genoem.

Nelia Kennedy, vrou van Hunter Kennedy, liedjieskrywer en kitaarspeler in die groep, het ʼn foto van die egpaar se bondeltjie op sosiale media gedeel.

“Liewe Thysmuis, ek en jy gaan nog groot vriende raak. Maria [die Kennedy-egpaar se dogter] kan nie wag om jou te ontmoet nie,” het sy op sosiale media geskryf.

Greeff is die hoofsanger van Die Heuwels Fantasties. Die egpaar het in Maart vanjaar hul vyfde huweliksherdenking gevier. Hulle is al vir meer as tien jaar in ʼn verhouding.

Pierre met sy blou vlaggie wat ‘n seuntjie simboliseer (Foto: Verskaf)

Pierre en Jani (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois ·

Mooi man, mal oor hul musiek! Het ook altwee my kids se vlaggies daar by Louis Leipoldt hospitaal gehys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.