Die hertog en hertogin van Cambridge het twee foto’s van prins Louis op sosiale media gedeel.
Louis Arthur Charles, wat as prins Louis van Cambridge bekend sal staan, is op 23 April 2018 gebore en het 3.9 kg met sy geboorte geweeg.
Die twee foto’s is deur die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, geneem. Die foto van prins Louis is op 26 April geneem en die foto van prinses Charlotte saam met haar nuwe boetie is op 2 Mei, Charlotte se derde verjaarsdag, geneem.
“Hul Koninklike Hooghede bedank die publiek vir al die goedhartige boodskappe ná die geboorte van prins Louis en op prinses Charlotte se derde verjaarsdag.”
Kate en haar man, die hertog van Cambridge prins William, se oudste seun prins George, is op 22 Julie 2013 gebore.
Die man is nog nie eers ‘n maand oud nie en hy is yslik groot? Wonder wat eet hy…seker koningskos.
Alte mooi saam met klein Charlotte !!!
Kierts regop ‘(en ernstig) soos dit ‘n koninklike betaam.
Skattige sussie!
Hulle word sommer groot gebore hy is te cute en sy sussie naby.
Dit is baie interessant om te lees oor die doen en late oor die wat ons onderdruk en in konsentrasiekampe geplaas het.
Definieer “ons.” Ek is ook nie gepla oor ‘n kamtige koninklike baba nie, maar wie is “ons”?
Die ONS is BAIE lande wat gekoloniseer was deur die britte, en wie steeds deur hul beleid en wapenhandel beinvloed word.
Dis tog net mooi fotos van pragtige kindertjies. Hulle ouers en grootouers het tog niks te doen gehad met die Anglo-Boereoorlog nie.