Eersteling op pad vir ‘Binnelanders’-akteur

Die ‘Binnelanders’-akteur Reynardt Hugo en sy vrou, An-Mare, word eersdaags ouers. (Foto: Instagram/Reynardt Hugo)

Reynardt Hugo, die Binnelanders-akteur bekend vir sy rol as dr. Tertius Jonker, en sy vrou, An-Mare, word in Julie vanjaar vir die eerste keer ouers.

Die egpaar het die nuus op Instagram gedeel met ʼn foto wat aandui dat “Baba Hugo” in Julie sy of haar opwagting sal maak.

Die geslag van die baba is nie bekend nie.

Hugo, wat ook woeker met ʼn suksesvolle sangloopbaan en onlangs sy eerste boek getiteld Soldaat deur Lux Verbi uitgegee het, en An-Mare is April verlede jaar in Plettenbergbaai in die Tuinroete getroud.

Talle bekendes soos Simoné Pretorius, die sangeres Nádine, die akteur Jacques Adriaanse en Nicholis Louw het die egpaar op sosiale media gelukgewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Ok dan, dit is nog ver.
Het julle nie behoorlike nuus wat julle hier kan plaas vir nou nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.