Eie tydskrif vir gewilde Afrikaanse musiekgroep

Wiaan Fourie (links) en Andries Hendrik Potgieter (Foto: Facebook)

Wiaan Fourie (links) en Andries Hendrik Potgieter (Foto: Facebook)

Die gewilde Afrikaanse musiekgroep DZL het Donderdag amptelik sy eie tydskrif, DZL in jou tenk, bekendgestel.

Dié model- en musiekduo, Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, vertel in ʼn verklaring dié tydskrif is ʼn versamelplek van hul gunstelingonderwerpe – gesonde leefstyl, renosterbewaring, skoonheid, buitelug-aktiwiteite en veel meer.

Die tydskrif beoog ook om ʼn blik te bied op die lewe van dié sangers wees. “Meeste van ons kollegas in die bedryf wil weet wat ons wenresep is om by alles uit te kom en nog steeds by ons gesonde leefstyl en oefenprogram te hou,” vertel hy. “[Hulle wil weet] wat eet ons as ons op ʼn weeklikse basis op die pad is, en hoe hard oefen ons regtig. Hulle wil weet wie is die brein agter dit alles en is dit regtig alles moontlik. Dié sakpastydskrif is ʼn samevatting van die daaglikse verpligtinge of roetine wat ons toepas om ons doelwitte te bereik en ons wil dit graag met aanhangers deel.”

Wiaan Fourie en Andries Hendrik Potgieter as DZL. Foto: Facebook via DZl

Wiaan Fourie en Andries Hendrik Potgieter as DZL. Foto: Facebook via DZl

Die “renostermanne”, soos hulle ook bekendstaan, vertel onder meer ook oor hul passie vir die bewaring van renosters en buitelug-sport.

DZL in jou tenk gaan by alle optredes van die groep beskikbaar wees.

Die tydskrif is egter nie die enigste goeie nuus wat dié groep Donderdag gedeel het nie – hul jongste enkelsnit, “Een kans”, is ook pas uitgereik.

“Een kans” is die vierde enkelsnit in DZL se gelyknamige debuutalbum wat in 2016 uitgereik is.

Vir meer inligting besoek DZL se Facebook-blad.

Lees meer oor die groep op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.